SME Bank se geldspoke bly loop

Debiteure, krediteure en beleggers hunker na vermiste miljoene.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Met die ondersoek wat voort­duur na die vermiste miljoene van die ontbinde SME Bank, word die roekeloosheid waarmee geld by die bank hanteer is, al hoe duideliker.

Teen die tyd dat die hoërhof die voorlopige likwidasie van die bank toegestaan het, was die instansie se likiditeit 'n skamele N$3,9 miljoen namate deponeerders – van wie baie regeringsinstansies – desperaat hul geld begin onttrek het.

Die Namibiese regering het ongeveer N$900 miljoen in die bank gestort.

Een van die eerste deponeerders om sy geld terug te kry, was die ministerie van myne en energie, wat dringend die N$368,4 miljoen van die ­Nasionale Energiefonds wou disinvesteer wat by die SME Bank belê was. Dié belegging se uitkeerdatum was September 2017 of later. Altesaam N$117,6 miljoen was egter in 'n onmiddellike opvraag­bare rekening wat nie 'n uitkeerdatum gehad het nie.

Op 5 Julie 2017 wou die staatsdiens se pensioenfonds (GIPF) N$100 miljoen opvra wat in die SME Bank belê was.

Ander geld van staatsondernemings wat in die bank belê het, sluit in die N$150 miljoen van die ­Maatskaplike Voorsorgfonds (SSC) en N$50 miljoen van die aanvanklike N$140 miljoen wat NamWater ingestort het. Agribank en die Padfondsadministrasie (RFA) het na wat berig word ook geld belê.

Die likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, het in hul beëdigde verklaring gesê teen Oktober 2017 is ongeveer 600 van die potensiële 24 700 eise vir deposito's ontvang. Volgens hulle is daar sowat 18 000 “­geraakte kliënte” en beleggers van die SME Bank.



VERMISTE MILJOENE

Die bank het in 2013 en 2014 ongeveer N$196 miljoen belê in Mamepe Capital, 'n Suid-Afrikaanse swart ekonomiese bemagtiging (BEE)- ­finansiëledienstemaatskappy, met Mauwane Kotane aan die hoof.

Hy is die kleinseun van wyle Moses Kotane, 'n hoogverraadbeskuldigde en veteraan van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party.

Volgens Mamepe se webtuiste spruit die woord “mamepe” uit “verbeelding van 'n land wat met melk en heuning oorvloei”. Dit is glo wat hy vir aandeelhouers en beleggers in gedagte gehad het. Die maatskappy spog ook oor bande met die Deutsche Bank, en sê “dit strek tot oneweredige voordeel” van Mamepe.

Die SME Bank se hoof- interne ouditeur, Mathews Kanyenze, 'n Zimbabwiese burger, het in Augustus 2017 in 'n verslag geskryf die belegging in Mamepe is in opdrag van die voormalige hoofbestuurder van die bank, Tawanda Mumvuma (ook 'n Zimbabwiër), gedoen.

Hy skryf dat Mumvuma die finansiesdepartement onder leiding van Joseph Banda (ook 'n Zimbabwiër) opdrag gegee het om 'n beleggings­rekening in die algemene grootboekrekening te debiteer, en Mamepe deur verskillende Suid-Afrikaanse banke te krediteer.

Kanyenze het gesê die tesouriekantoor is tydens die transaksie vermy. Dit is die kantoor waar transaksies veronderstel was om hul oorsprong te hê.

Kanyenze voer ook aan teen 2016 toe oordragte aan die Bank of Namibia (BoN) gerapporteer is, het interne ouditeurs reeds so lank terug as 2014 kommer uitgespreek in hul verslae aan die departement van nakoming en teengeldwassery (AML).



BATES EN DIENSTE

Bruni en McLaren sê 'n ­allemintige N$150 miljoen van die ­aanvanklike belegging in Mamepe Capital is in bankrekeninge met verskillende name inbetaal: Asset Movement and Financial Services (AMFS); DMA Consultants; Mamepe Capital Asset Managers; Moody Blue en Trans­parency.com. Hierdie ondernemings het ­oorvleuelende bankrekeningnommers gehad.

'n Bedrag van N$85,9 miljoen is in AMFS gedeponeer, maar het dieselfde bankrekeningnommer as Mamepe en Moody Blue gehad.

Nagenoeg N$6 miljoen is in 'n rekening van DMA Consultants inbetaal wat dieselfde bankrekeningnommer as Mamepe Capital het.

Mamepe Capital Asset Managers, wat bankrekeningnommers met AMFS en Moody Blue deel, het N$87,3 miljoen ontvang.

Meer as N$1,6 miljoen is in Moody Blue inbetaal wat dieselfde rekeningnommer as AMFS en Mamepe Capital het. Meer as N$8 miljoen is oorbetaal aan Transparency.com wat dieselfde bankrekeningnommer as Mamepe Capital het.

Volgens 'n dokument wat onder oë was, is een van die “beleggings-deelnemers” van AMFS ene Chamu Tsvakai, wat 'n adres in Johannesburg se weelderige Sandton-woonbuurt het. Hy het glo bande met sakelui van Benoni.

AMFS het op 'n tydstip “voorkeuraandele-subskripsie of leningsooreenkomste vir lede” met 'n onderneming genaamd Omulunga Capital Investments opgestel, waarvan Cosmas Mushininga 'n bevestigde ­direkteur ten tye van die ­formulering van die ooreenkoms was.

Die Zimbabwiese Mushininga beskryf homself op sy Twitter-rekening as 'n sakeman en stoere Christen, met maatskappye in Zimbabwe, Zambië en Namibië. Hy lys sy sakebelange as mynwese, grondverskuiwing, kommoditeitsverhandeling en kapitale beleggings.

Dit is nie duidelik of die ooreenkoms beklink is en wat dit behels het nie, maar teen die tyd dat die valbyl oor die SME Bank gehang het, het Mushininga op Twitter oor reise na Duitsland, Frankryk en die Demokratiese Republiek die Kongo gespog.

In een van die plasings word hy as “'n superryk ou” en “miljard dollar-baas” beskryf.

Bruni en McLaren beraam dat van die sowat N$196 miljoen wat aan Mamepe oorbetaal is, net ongeveer N$32,7 miljoen herwinbaar was.

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%