SME Bank: Só laat Kotane glo geld verdwyn

Oordragte 'strydig met verloop van sake'

10 September 2018 | Howe
Catherine Sasman - Die gesamentlike, voorlopige likwidateurs van die SME Bank het in hul mosie voor 'n Gautengse hooggeregshof gesê die N$11,5 miljoen wat hulle versoek het om in 'n Peregrine Equity (Pty) Ltd-rekening namens mnr. Mauwane Kotane bevries te word, behoort aan die SME Bank.

Kotane het in 'n verklaring in die hof beweer alle geld (N$196 miljoen) wat deur die SME Bank belê is in sy maatskappy, Mamepe Capital Investments, is gedoen met die twee entiteite wat ooreenkomste en 'n samewerkingsooreenkoms met die bank gehad het.

Hy het ook beweer die geld is "veilig" deur Mamepe Capital belê, en dat die geld wettig en regmatig ontvang is.

Die likwidateurs, mnre. David Bruni en Ian McLaren, het in hul aansoek om die Peregrine-rekeninge te bevries, beweer Kotane is wel instruksies gegee dat die SME Bank-geld in KE2 Ample (Pty) Ltd. belê word. Kotane is die alleenaandeelhouer en direkteur van KE2 Ample (Pty) Ltd.

Daarbenewens het die likwidateurs gesê KE2 Ample (Pty) Ltd. is nie geregistreer as 'n beleggingshuis of 'n batebestuurder nie, en dit is nog 'n voorbeeld van hoe geld van die SME Bank verdwyn het.

Hulle het gesê as likwidateurs van die SME Bank het hulle 'n reg tot die N$11,5 miljoen, want die oordragte na Peregrine Equities en KE2 Ample is deur die SME Bank gemaak sonder enige basis en was "strydig met sy gewone verloop van sake”.

Die SME Bank het ook geen waarde vir die oordragte ontvang nie, is beweer.

Kotane het beweer sowat N$188,2 miljoen is deur Mamepe vir en namens die SME Bank belê.

ONWETTIGE VLOEI VAN GELD

Tydens die kommissie van ondersoek se werksaamhede om inligting oor die transaksies tussen die SME Bank en ander entiteite te verkry, het verteenwoordigers van Standard Bank Ltd. sekere bankstate van die Peregrine-rekeninge verskaf.

Volgens hierdie dokumente het Peregrine Equities opdrag aan Standard Bank gegee om drie rekeninge vir KE2 Ample oop te maak.

Op 23 Augustus 2016 het die SME Bank 'n versoek van Kotane voorberei vir die oordrag van N$1,5 miljoen na 'n Peregrine-rekening by Standard Bank.

Dit is hersien deur die voormalige finansiële bestuurder van die SME Bank, mnre. Joseph Banda, en goedgekeur deur die bank se voormalige uitvoerende hoof, mnr. Tawanda Mumvuma. FNB Namibia het die oordrag namens die SME Bank gedoen.

Op 25 Oktober 2016 het Mumvuma op skrif opdrag aan die VBS Mutual Bank gegee om N$10 miljoen van die SME Bank se geld na 'n Peregrine Equities-rekening vir KE2 Ample oor te plaas. Hierdie oordrag is bevestig en die ontvangs van die N$11,5 miljoen is inderdaad deur Peregrine bevestig.

Die geld was op instruksie van Kotane belê en gehou in KE2 Ample, nie in die naam van die SME Bank nie.

Die likwidateurs het gesê gegewe dat die N$10 miljoen gedisinvesteer by VBS Mutual oorgedra is aan die Peregrine-rekening op die SME Bank se skriftelike instruksies, maak dit nie sin hoe Kotane opdrag kon gegee het die N$11,5 miljoen moet in KE2 Ample gehou word nie.

Hulle het gesê daar is geen bewyse dat hierdie oordragte wettig of na behore gemagtig is nie.

Voorts het Kotane volgens hulle nie een keer verklaar die N$11,5 miljoen is in die Peregrine-rekeninge inbetaal wat in sy maatskappy se naam gehou is nie.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

16 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

16 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

16 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

16 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

16 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

16 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...