SME Bank-eise begin vandag
Die bank se Katutura-tak gaan kliënte in alfabetiese volgorde bedien.
Augetto Graig - Bruni en McLaren, die mislukte SME Bank se likwidateurs, het aangekondig deposante by die Katutura-tak van die bank kon van gister af hul eise begin indien.
Individue en entiteite wat geld by dié tak belê het, is versoek om Monte Christostraat 89 in Lafrenz, in Katutura, te besoek.
Eise sal alfabeties ingedien kan word, volgens die eerste letter van kliënte se name.
Deposante wie se eerste naam met “A”, “B” of “C” begin, kon gister tussen 08:30 en 16:30 hul eise gaan indien. Vandag is kliënte wie se name met “D”, “E” of “F” begin, aan die beurt, en môre die eisers wie se name met die letters “G”, “H” en “I” begin.
Saterdag sal dié groep weer die geleentheid kry om hul eise tussen 08:00 en 14:00 in te dien.
Volgende week Maandag word eise ontvang vir deposante met voorname wat met die letters “J” en “K” begin, Dinsdag “L” en“M”, Woensdag “N”, “O” en “P”, Donderdag “Q”, “R” en “S”, en volgende Vrydag “T” tot “Z”. Volgende Saterdag kry die tweede groep dan hul tweede kans van 08:00 tot 14:00.
Alle SME Bank-deposante van die Katutura-tak moet hul identiteitsdokumente of geldige paspoorte saambring met die besonderhede van ’n alternatiewe bankrekening, terwyl besigheidsrekeninghouers ’n besigheidsplan en die identifikasiedokumente van die lede en vennote van die betrokke besigheid moet saambring.
Deposante kan volgens wet tot N$ 25 000 terugeis.
Te midde dié veldtog sal die voortsetting van die likwidasieproses van SME Bank op Vrydag 15 September in die hooggeregshof in Windhoek beoordeel word.
Verlede week het me. Liina Iyambo, SME Bank-bemarker namens Bruni en McLaren gesê: “Die SME Bank is tans onder voorlopige likwidasie en die saak sal op 15 September in die hoërhof aangehoor word.”
Volgens haar mag die hof dan besluit om die likwidasiebevel finaal te maak of om die voorlopige proses te verleng.
Ná die sentrale bank (BoN) in Maart beheer van die bank oorgeneem het, is aansoek gedoen vir die hof om goedkeuring te verleen dat SME Bank gelikwideer word.
Dít volg die raaiselagtige verdwyning van ten minste N$175 miljoen in beleggings in Suid-Afrika. Selfs met die herwinning van dié geld sou die bank nie kon voortbestaan nie, met sy totale laste van nagenoeg N$1,16 miljard teenoor bates van N$998 miljoen - wat reeds ’n N$162 miljoen-tekort beloop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie