Slim, nootvas en goedhartig

Namibia Media Holdings se tweede Standard Bank: Miss High-kompetisie was ’n aand vol opwinding, samesyn, spoggerige uitrustings en pragtige musiek.
Henriette Lamprecht
Mariselle Stofberg - Agt deelnemers het vroeër vandeesweek hul beste voetjie voorgesit om uiteindelik met vanjaar se gesogte kroon en titel van Standard Bank: Miss High weg te stap.

Die spoggeleentheid is in die Maerua-inkoopsentrum in Windhoek gehou.

Uiteindelik sou die keuse val op Reschelle Beukes, die huidige Mej. Windhoek Hoërskool, met Reschelle wat ook met die prys vir Mej. Gemeenskapsprojek weggestap het. Tylo Blaauw, Mej. Windhoek Gimnasium, is die eerste prinses en Judite Corriea, Mej. Walvisbaai Privaat Hoërskool, is as die tweede prinses aangewys. Corriea het ook die pryse vir Mej. Persoonlikheid en Mej. Kreatiewe Drag ontvang. Sylvi Iipinge van die Sekondêre Skool Shaanika Nashilongo is as Mej. Sosiale Media aangewys.

Elke deelnemer het ’n gemeenskapsprojek gehad waaraan hulle met die aanloop tot die kroningsaand moes werk. Dit het bygedra tot die fokus op ’n skoonheidskompetisie wat die meisies wil aanmoedig om terug te ploeg in die gemeenskap.

“Ek glo hierdie titel gaan my help om verder te werk aan my projek. Ek voel opgewonde, bevoorreg en ek glo werklik dat enige van hierdie pragtige en beeldskone meisies verdien het om die titel te ontvang. Nie net het ek soveel geleer nie, maar ek het kosbare vriendinne langs die pad gemaak,” het 'n oorstelpte Beukes gesê nadat sy as wenner aangewys is.

Met vanjaar se Namibië Toerisme Ekspo (NTE) se tema van herwinning het die kompetisie vanjaar ook 'n afdeling gehad waarin deelnemers een van hul uitrustings uit koerantpapier moes ontwerp. Standard Bank het aan die algehele wenner ’n prys van N$10 000 oorhandig om aan te wend soos hulle verkies.

“Die kompetisie wat op meer as net skoonheid fokus en jong meisies aanmoedig om terug te gee aan hul onderskeie gemeenskappe, is in ooreenstemming met Standard Bank se projekte wat op korporatiewe sosiale verantwoordelikheid fokus. Ons sal graag in die toekoms steeds by die kompetisie wil betrokke bly,” het mnr. Sindano Nekundi van Standard Bank gesê.

Nekundi, die bekende sanger en koormeester mnr. Joe Besser, me. Josephine Silas van Coca-Cola en die huidige Mej. Namibië, Selma Kamanya, was die beoordelaars vir die aand.

Deel van vanjaar se kroningsaand was die Chamber of Choirs-kompetisie en vir die tweede agtereenvolgende jaar het die Sekondêre Skool Kuisebmond met die louere weggestap. In die tweede plek was die stemme van die Hoërskool Jan Jonker Afrikaner in Windhoek, terwyl die Sekondêre Skool Swakopmund in die derde plek geëindig het. Besser was veral beïndruk met die talent wat tydens die kompetisie te sien en te hore was.

“Vanaand wys net weer dat jy nie ’n enorme koor nodig het om suksesvol te wees nie,” het hy gesê. Die kore het as deel van 'n grand finale almal die volkslied gesing.

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.25/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.57/lb UP +1.44% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.65/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 982.63/OZ UP +0.86% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.25/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.57/lb UP +1.44% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.65/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 982.63/OZ UP +0.86%