Slenter: Nampol vul nié poste
Nampol is nié besig om kadette aan te stel nie.
Die Namibiese Polisie het gister 'n nuusverklaring uitgereik waarin hy homself van advertensies op sosiale media distansieer waarvolgens hy glo sowat 1 071 vakante posisies vir kadetkonstabels het en besig is om aanstellings te maak.
“Die Namibiese Polisiediens distansieer homself hiervan en wil dit duidelik stel dat, as gevolg van begrotingsbeperkings, geen aanstellings in die huidige boekjaar van 2017-'18 óf in die volgende een van 2018-'19 gemaak sal word nie,” lui hul nuusverklaring.
“Wanneer die polisie wel nuwe aanstellings wil maak, sal die poste in verskeie media geadverteer word en op ons webwerf gepubliseer word.
“Lede van die publiek word aangeraai om dié misleidende inligting te ignoreer wat tans die ronde op sosiale media doen. Vir enige navrae, kontak hoofinsp. Kauna Shikwambi by 061 209 3470.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie