Slegsêery nie deel van Eagles
Krieket
Tielman van Lill
Gerhard Erasmus, kaptein van die senior Eagles-krieketspan, sê die nasionale span is afgesien van een ligte besering (Nicol Loftie-Eaton)gerat in sy opwarming vir die T20-wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate.
Eramus het verlede week in 'n Zoom-onderhoud met die media ook die Internasionale Krieketraad se aankondiging verwelkom dat stadions in die Emirate tot 70 persent van kapasiteit gevul sal word, in een van die grootste internasionale sportbyeenkomste sedert die Covid-19-pandemie.
“Natuurlik sal dit lekker wees om weer 'n slag toeskouers by die wedstryde te hê. Behalwe dat ons sportmanne is, is ons ook daar om mense te vermaak. Die Emirate is 'n neutrale venue en dalk sal daar nie hordes toeskouers wees wat op die stadions vir ons eerste twee botsings gaan toesak nie.
“As ons 'n goeie opkoms in Sjarjah kan hê, waar die subkontinentale spanne 'n goeie ondersteuningsbasis het, sal dit lekker wees. Ek verwag nie 'n leë stadion teen Sri Lanka nie, want hulle word goed ondersteun deur die plaaslike mense. Van ons families, ons ouers en landgenote sal beslis die VAE vir ons drie wedstryde besoek.
“Ons geniet dit om as die buiteperd in elke wedstryd beskou te word. Ons Namibiërs is van nature 'n nasie wat daarvan hou om vir 'n plek in die son te veg. Ons baklei nie op die lelike manier nie, maar is 'n taai spulletjie bymekaar.
“Tydens die kwarantyn (ná hul aankoms in Dubai) kon spelers van ligte beserings herstel en ontleding van ander spanne en spelers te doen. Die ses dae is op verskeie maniere tot ons voordeel ingespan.”
'GENOEG ANDER MANIERE'
Die kaptein is uitgevra of die Namibiërs gereed is vir die sielkundige uitdaging wat van die hoër gerekende krieketlande mag kom.
“Slegsêery (sledging) tussen opponerende spelers gebeur heelwat minder in die T20-formaat as in eendag- of meerdaagse kragmetings. Daar is werklik te min tyd in T20- en eendagwedstryde en die spelers konsentreer op die spel.
“Die Sri Lankane is ook nie bekend vir 'sledging' nie. Ons aan die ander kant is bekend daarvoor dat ons hard en ongenaakbare krieket speel en gebruik dit glad nie. Natuurlik het slegsêery ook sy perke wat jou in moeilikheid kan laat beland. Daar is genoeg ander en beter maniere om jou teenstander onder druk te plaas.
“Liggaamstaal op die veld en die boodskap hoe jy veldwerk doen, kolf en boul, is 'n veel beter manier om jou teenstander te ontsenu. Elf spelers op die veld met dieselfde intensiteit en liggaamstaal se uitwerking reik veel verder as 'n moddergooiery.”– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie