Slegs twee olifante vanjaar gestroop
Slegs twee olifante vanjaar gestroop

Slegs twee olifante vanjaar gestroop

In die res van Afrika vier stropery hoogty, maar in Namibië word wildmisdadigers vasgevat.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Ondanks nuwe navorsing deur Elephants Without Borders (EWB) wat aandui olifantstropery in Afrika toon sedert 2011 geen afname nie, is slegs twee olifante tot dusver vanjaar in Namibië gestroop.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is slegs twee olifante sover in 2020 in onderskeidelik die Zambezi- en Kunenestreek gestroop.

Olifantstropery in Namibië het in 2016 nog hoogty gevier met 101 diere wat afgemaai is. Daarna het die verliese egter skerp begin afneem met 50 in 2017, 27 in 2018 en 13 verlede jaar.

“Olifantstropery in Namibië daal weens die reusestyging in inhegtenisnemings van vermeende wildmisdadigers, asook strenger vervolging,” het Muyunda gesê.

“Die sterk teenwoordigheid van die Namibiese polisie, Namibiese weermag en beamptes van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme is ook 'n groot afskrikmiddel.”

Volgens die wildmisdaadverslag is 117 vermeende wildmisdadigers net vanaf Oktober tot Desember verlede jaar in hegtenis geneem.

Uit die 117 verdagtes is 25 vir ­olifantstropery of ivoorsmokke­lary of pogings daartoe in dié drie maande vasgetrek.



NAVORSING

Die navorsing toon pogings om olifantstropery hok te slaan, is broodnodig om olifantbevolkings te red, veral in Wes-, Sentraal- en Suider-Afrika waar olifante vir hul ivoor afgemaai word.

Die EWB-studie wat Dinsdag in Scientific Reports in samewerking met navorsers by die Universiteit van Washington en die Amboseli Trust for Elephants gepubliseer is, toon die golf van olifantstropery het in 2005 oraloor Afrika begin.

Sommige onlangse studies meen stropery het in 2011 hoogty gevier, maar sedertdien afgeneem.

In die nuwe studie is data van olifantstropery volgens die Monitoring the Illegal Killing of Elephants(MIKE)-program ontleed. Die data vir die studie is van 53 plekke in 28 Afrikalande ingevorder.

Die outeurs het bevind olifantstropery het die afgelope jare slegs in oostelike Afrika afgeneem.

“In westelike, sentrale en suidelike Afrika het stropery sedert 2011 onveranderd gebly,” lui die studie.

Die hoofouteur van die studie en ontleder vir EWB, dr. Scott Schlossberg, sê: “Verslae oor dalende stropery in Afrika is ietwat van 'n illusie.”

Hy sê streekgewys het olifantstropery slegs in oostelike Afrika gedaal.

“Op die res van die vasteland vier stropery steeds hoogty en het min sedert 2011 verander.”

Voortdurende stropery in Sentraal- en Wes-Afrika is veral 'n groot bron van kommer.

Volgens die studie kom oorblywende olifante in westelike Afrika meestal in klein, verspreide bevolkings voor wat te klein is om nóg stropery te weerstaan.

Sentraal-Afrika is die tuiste van die Afrika-woudolifant wat die afgelope jare erge verliese weens stropery en verlore habitat gely het.



BOTSWANA

Volgens die navorsers is min inligting bekend oor tendense in stropery onder olifante in Suider-Afrika, maar daar is kommer oor twee belangrike bevolkings in dié streek – noordelike Botswana en die Krugerwildtuin in Suid-Afrika.

“Noord-Botswana se groot olifantbevolking van sowat 130 000 is die afgelope twee jaar erg deur stropers geteiken.”

Die regering van Botswana krap intussen steeds kop oor die oorsaak van die dood van meer as 170 olifante in die Okavango-delta. Die eerste karkas is begin vandeesmaand in die delta aangetref. Monsters van die karkasse is na 'n laboratorium in Suid-Afrika gestuur.

Stropery word uitgeskakel omdat die olifante se tande nie verwyder is nie.

“Ons het reeds meer as 100 000 olifante sedert 2007 weens stropery in Afrika verloor,” sê die mede-outeur, mnr. Michael Chase van EWB.

“Stropers verslap nie hul pogings nie en dus moet Afrikalande hul stryd teen stropery versterk.”

Die MIKE-program word deur die Konvensie van die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) bestuur en natuurbewaarders hou rekord van die olifantkarkasse wat gevind word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%