Slangvanger gee raad oor somer en slange

Jacqueline Louw
Somer is hier en ons bestee almal meer tyd buite en in die natuur.
Terselfdertyd kom die vraag op oor hoe om dierasies wat kan byt, steek en pik op ? afstand te hou. Kollig het die volgende raad van mnr. Francois Theart, ? slangvanger en -kundige, gekry.
“Namibië is tans in die greep van ? ernstige droogte en slange, soos die meeste ander diere, ly ook onder die gevolge van die droogte. Dit droogte lei verder tot toenemende konflik tussen die mens en wilde diere.
Dit is nou die perfekte geleentheid om raad te gee oor basiese veiligheid betreffende slange.
Dit sluit die volgende aspekte in:
- Hoe om jou tuin “slangvry” te hou.
- Wat om te doen wanneer jy ? slang teëkom.
- Hoe om slangbyte te vermy.
Kom om begin by hoe om jou omgewing “slangvry” te hou. Daar is ongelukkig GEEN effektiewe slang-afskrikmiddels nie, maar die volgende is goeie voorkomende maatreëls:
1.Moenie boumateriaal soos stene, pype en sinkplate naby jou huis stoor nie.
2.Vermy komposhope, rotstuine, voël- en hoenderhokke, visdamme en los rotse omdat dit skuilplek en kos aan slange kan verskaf.
3.Stoor dierevoer in rotbestande houers en hou geboue vry van rotte. Waar rotte teenwoordig is, sal slange ook voorkom.
4.Herstel alle krake en gate in mure waar slange moontlik kan deurseil.
5.Hou deure en vensters toe gedurende die dag, want slange soek dikwels skuiling teen hitte en kan so in die huis beland.
Wat staan ? mens te doen wanneer jy op ? slang afkom?
1.Moenie probeer om die slang dood te maak nie, want dit kan tot ? slangbyt lei.
2.Bly kalm en staan absoluut doodstil – die meeste slange sal onmiddellik vlug. As die slang egter nie wegbeweeg nie, begin baie stadig agteruitbeweeg.
3.Skakel ? slangvanger in jou area om die situasie te hanteer.
Hoe om slangbyte te vermy:
1.Dra beskermende klere wanneer jy in die veld stap, verkieslik stewels en lang broeke.
2.Sonbrille bied beskerming teen ? kobra se spoeg.
3.Kyk waar jy stap. Dit is beter om óp en nie óór stompe en rotse te trap nie.
4.Om vuurmaakhout teen sononder en in die nag bymekaar te maak is moeilikheid soek.
5.Bergklimmers moet veral versigtig wees waar hulle hul hande plaas, want slange lê graag op rotslyste.
6.Moet onder geen omstandighede ? slang optel nie, selfs al lyk hy skadeloos.
7.Moet ook nie ? slang optel wat dood voorkom nie; baie giftige slangsoorte gee voor dat hulle dood is.
8.Gebruik ? flitslig wanneer jy in die nag stap en wees besonder waaksaam.
9.Moenie in lang gras stap nie.
Basiese eerstehulp:
1.Hou die slagoffer kalm en stel hom/haar gerus.
2.Verwyder juweliersware en styfpassende klere.
3.Die slagoffer moet plat neergelê word en so stil as moontlik gehou word.
4.Die aangetaste ledemaat moet omhoog gehou word en die slagoffer moet so vinnig as moontlik na ? hospitaal vervoer word.
5.Drukverbande moet alleenlik aangewend word in die geval van neurotoksiese en sitotoksiese slangbyte (swartmamba, Kaapse kobra en Angolese kobra). Die rede hiervoor is dat hierdie tipe slangbyte weefsel vernietig. Daar moet dus gekeer word dat die gif verder versprei.
6.Gebruik ook ? drukverband as jy die slang nie kan identifiseer nie. Dit moet egter nie gebruik word in die geval van adder- en spoegkobrabyte nie. (Die sebraslang is nog ? “spoegslang” wat in Namibië voorkom.)
7.Indien ? slagoffer ophou asemhaal, moet mond-tot-mondasemhaling onmiddellik toegepas word.
8.Moet onder geen omstandighede:
·? Sny in die bytarea maak of die byt uitsuig nie
·? Toerniket aanwend nie
·? Yspak op die byt sit of die slagoffer ys ingee nie
·Teengif inspuit nie. ? Gekwalifiseerde mediese dokter behoort dit doen.
9.Indien gif in die oog beland:
·Spoel met lopende water (of selfs met melk of bier) uit vir 10 tot 15 minute.
·Moenie die oë vryf nie.
·Kry mediese hulp.
·Moenie die slang probeer doodmaak nie, neem liewer ? foto van ? veilige afstand af.
In die geval van ? slangbyt, stuur ? e-pos aan dr. Christo Buys by [email protected] met al jou besonderhede – dr. Buys sal so gou moontlik reageer.
Ten spyte van hul slegte reputasie word slange dikwels verkeerd geoordeel en sou hulle eerder verkies om te vlug as om te veg. Ons besef nie altyd hoe belangrik hierdie pragtige diere is nie. Sonder slange sal ons ekosisteem inteenstort en ons mag dalk nooit ? kuur vir sekere siektes vind nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%