Slagting by tronk in Venezuela
In ’n poging om beheer terug te neem van sy tronkstelsel, het veiligheidsmagte in Venezuela Dinsdagnag ’n klopjag op ’n tronk in die suidelike staat Amazonas uitgevoer. In die voorval is 37 gevangenes dood.
Liborio Guarulla, die goewerneur van Amazonas, het die dodetal op Twitter bevestig.
Menseregte-aktiviste kla al vir ’n geruime tyd oor die gewelddadige bendes wat in beheer is van baie van die tronke in die land. Hulle beskryf die situasie as chaoties want die bendes het vrye toegang tot selfs outomatiese vuurwapens en handgranate.
Elke nou en dan stuur die regering spesiale taakmagte na die tronke in ’n poging om orde te herstel, maar dit loop dikwels uit in dodelike konfrontasies.
Later het Venezuela se vervolgingsgesag gesê ’n ondersoek na die voorval, waarin 17 beamptes beseer is, word ondersoek. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie