Slagter van Bosnië gevonnis
Ratko Mladic was in beheer van die Bosnies-Serwiese weermag wat in Julie 1996 'n volksmoord in Srebrenica uitgevoer het.
Ratko Mladic, ook genoem die “Slagter van Bosnië”, is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die burgeroorlog in Bosnië tussen 1992 en 1996, berig CNN.
Die 74-jarige Mladic is Woensdag 20 jaar ná die menseregtevergrype deur die Verenigde Nasies se oorlogstribunaal vir Joego-Slawië in Den Haag tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
Mladic was in beheer van die Bosnies-Serwiese weermag wat in Julie 1996 'n volksmoord in Srebrenica uitgevoer het. Meer as 8 000 mans en kinders van Moslem-afkoms is op groteske wyse afgemaai.
Hy het ook tereggestaan op die beleg van Sarajewo waarin meer as 10 000 burgerlikes omgekom het.
Mladic het ná die beëindiging van die oorlog gevlug en kon vir 15 jaar die gereg ontduik.
Mladic is vrygespreek op een aanklag van volksmoord, maar skuldig bevind aan nog 'n aanklag van volksmoord, vyf aanklagte van misdade teen die mensdom en vier oortredings van die gewoontes van oorlogvoering.
Mladic se metodes van “etniese suiwering” in Bosnië, die beleg van Sarajewo en om personeel van die Verenigde Nasies gyselaar te neem in 'n poging om lugaanvalle van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie af te weer, het tot die lewenslange tronkstraf bygedra.
Mladic het glimlaggend die hof ingekom en wou voor vonnisoplegging badkamer toe gaan, berig The Guardian. Die versoek is toegestaan. Toe hy terugkom, het sy regspan weer 'n versoek gerig dat die vonnisoplegging verkort word weens gesondheidsredes, maar regter Alphons Orie het geweier.
Mladic het opgestaan, op die regter begin skreeu en is uit die vertrek verwyder, berig The Guardian.
Regter Orie het in sy uitspraak gesê Mladic se misdade “is van die gruwelikste wat tot nog toe in die geskiedenis van die mensdom gepleeg is en sluit etniese suiwering en volksmoord in”.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie