Slagoffers van die stelsel
Die tragiese verhaal van die driejarige Clinton Swartbooi moet elke hart roer.
Klein Clinton het gesterf twee maande nadat hy sy voete verbrand het, kort voor hy 'n private spesialis sou sien.
In die media word gereeld berig oor voorvalle waarin Namibië se openbare gesondheidstelsel inwoners in die steek laat. Dikwels is dit behoeftige mense, wat reeds slagoffers op verskeie ander vlakke is.
Die verhaal van Clinton het gebeur midde voortgesette, openlike meningsverskille tussen die minister van gesondheid en maatskaplike dienste en die permanente sekretaris wat die uitvoerende hoof en rekenpligtige beampte van hierdie lewensnoodsaaklike diens is.
Hopelik het pres. Hage Geingob nie regtig alleen danksy die media van hierdie struweling bewus geword nie. Dan is daar 'n gebrek aan direkte kommunikasie om probleme op te los wat bestuur kan benadeel en selfs lam lê.
Buiten vir gerapporteerde gebreke in geriewe, voorrade en medikasie, is daar talle ooreenkomste tussen die lot van Clinton en andere. Dit sluit in 'n gebrek aan empatie, kommunikasiegapings weens taalverskille, swak of verkeerde diagnoses, die voorskrywing van gebrekkige of verkeerde behandeling en soms gewoon vrot diens en onmenslike behandeling.
Die minister het gister bewys die sentrale mediese stoor is propvol voorraad, maar as noodsaaklike voorraad nie versend kan word nie, help dit niks.
Noodkrete om die staat se mediese dienste reg te ruk, klink al veels te lank op om dit te aanhou ignoreer.
So sê ander
6 Desember 2017
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Demokraties gesproke is dit teenstrydig dat adj.pres. Cyril Ramaphosa se voorsprong in die ANC-kiesstryd allermins waarborg dat hy wel oor twee weke by Nasrec as die party se leier gesalf gaan word.
Ondanks sy voorsprong van 1 862 benoemings teenoor Nkosazana Dlamini-Zuma se 1 332 van al nege provinsies, kan talle veranderlikes in partykonteks 'n ander finale uitslag tot gevolg hê.
Omkopery en ander knoeiery bring die legitimiteit van die leiersverkiesing van Suid-Afrika se bewindsparty in die gedrang. In wese is dit die “siel van die ANC” wat so te koop aangebied word.
Interessante tye gewis. Veral as in gedagte gehou word dat dit eintlik Suid-Afrika se ware demokratiese toekoms is wat in Johannesburg besleg gaan word.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie