Slaggate en slagysters
Jurie Viljoen skryf:
Ek wil graag 'n brief rig aan Stad Windhoek en Swakopmund-munisipaliteit.
Dit is so maklik om te kritiseer as jy nie alles weet nie.
Stad Windhoek se vaders: Is daar nie 'n geldjie oor om hierdie lelike gate in die pad toe te maak nie? As 'n mens bv. uit Jan Jonker links draai voordat jy by die SPCA kom, is daar twee gate wat van Oktober af daar is.
Daar is baie ander voorbeelde, maar hierdie genoemde gate beskadig jou voertuig se bande. Ons betaal belasting en julle het die kundigheid en hande om dit reg te maak.
Swakopmund het een van die mooiste strande en was dorp van die jaar. Ek weet ook nie wie het die mag of wie is die gesagvoerder nie. Daar is nie baie geld nodig om die strande aangenaam te maak nie. Stel 'n “poef-inspekteur” met uitvoerende gesag aan. Die persoon moet die personeel hê om dit af dwing.
Soggens is dit blykbaar die mans se werk om vir Boel te vat dat hy kan gaan poef. Boel moet iewers poef, maar wie moet skoonmaak? Ek kan u verseker dat jy nie kan trap nie of daar lê 'n slagyster. Party lyk soos graad 0-potloodjies en ander lyk soos Vim-blikke.
Hierdie probleem is wêreldwyd, maar Boel se eienaar moet sakkies saamdra om op te tel.
Daar is versperrings dat die motors nie op die strand kan kom by Myl 4 nie. Hulle ry oor die versperrings. Dis 'n swemstrand en nie 'n strand vir motors nie. Net u kan ons help. Maak versperrings reg en lê boetes op, sodat daar orde kan wees. Hierdie is 'n pleidooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie