Skuldstrop span nouer
Jo-Maré Duddy
Uit elke N$1 000 se besteebare inkomste in die Namibiese verbruiker se sak, was ’n skrale N$109 in 2015 oor as hy eers sy skuld betaal het.
In 2014 het hy darem nog N$145 in sy beursie gehad nadat al sy skuldverpligtinge nagekom is. Namibië se jongste finansiële stabiliteitsverslag, wat gister deur die Bank of Namibia en die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) vrygestel is, toon verbruikers se besteebare inkomste in verhouding tot hul skuld verlede jaar was 89,1%, vergeleke met 85,5% in 2014. Dit sluit skuld by handelsbanke en mikroleners in, asook paaiementskuld.
Dié skuldlas is hoër as eweknie-ekonomie en regverdig geteikende stategieë om te risiko vir finansiële stabiliteit te verminder, sê Ebson Uanguta, adjunkpresident van die BoN.
Totale huishoudelike besteebare inkomste het van 2011 tot 2015 met sowat 59,8% tot bykans N$57,4 miljard toegeneem.
Totale krediet aan verbruikers het egter met 67,3% tot amper N$51,1 miljard gestyg.
Huishoudelike skuld word opnuut in rooi in die verslag aangedui as een van die gevaarligte wat vir die volgende ses maande vir die finansiële stabiliteit van Namibië flikker. Hoewel die Namibiese bankwese in wese kerngesond is en daar daar in die afsienbare toekoms niks is om oor bekommerd te wees nie, bly die BoN kriewelrig oor die sektor se hoë blootstelling aan veral huislenings.
Teen die einde van verlede jaar het individuele en korporatiewe verbandlenings saam 51,3% van die banksektor se totale leningsboek verteenwoordig, waarvan 38% huislenings van verbruikers was. In 2014 was die totale syfer 53% en dié van individuele huislenings 39%.
Die private sektor (individue en die sakesektor saam) se paaiementskuld het 16% van banke se totale lenings beloop, terwyl oortrokke rekeninge 12,7% was. In 2014 was dié syfers 16% en 12% onderskeidelik.
Hoewel die sektor se verhouding van wanpresterende lenings (NPL’s) van 1,6% in 2015 heelwat laer as die maatstaf van 4% is, is dit meer as die 1,5% van 2014. NPL’s het verlede jaar met N$222 miljoen tot N$1,2 miljard gestyg. Verbandlening-NPL’s was N$108,4 miljoen hoër, terwyl wanpresterende paaiementskuld met N$69,2 miljoen toegeneem het. NPL’s van oortrokke rekeninge het met N$25,5 miljoen gestyg en dié in die kategorie vir “ander lenings en voorskotte” (soos persoonlike lenings) met N$28,3 miljoen.
Teen die einde van 2015 was die banksektor se totale verbandlening-NPL’s meer as N$600 miljoen vergeleke met minder as N$400 miljoen aan die einde van 2011. Die BoN skryf die styging van verbandlening-NPL’s in 2015 aan onder meer hoër rentekoerse toe. Hoewel die toename binne die limiet is, moet dit dopgehou word, sê die BoN.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie