Skuldinvordering op Otji onder loep
Die Otjiwarongo-munisipaliteit het in 2017 skuldinvorderaars op kontrakbasis aangestel en dié poste word tans bedreig.
Ester Kamati op Otjiwarongo - Otjiwarongo se munisipaliteit het in 2017 ’n span skuldinvorderaars op ’n kontrakbasis aangestel om sowat N$43 miljoen wat aan hul verskuldig is, terug te win. Dié skuldinvorderaars se poste is tans onder ’n vergrootglas.
Die munisipaliteit het vanjaar besluit om in hul struktuur vir invorderingsbeamptes voorsiening vir permanente poste te maak en is tans besig, met die hulp van PwC, om die graad en vlak van dié poste te hersien.
Hoewel sommige individue in die huidige span van skuldinvorderaars reeds drie jaar vir die munisipaliteit werk, is die bekommernis dat sommige invorderaars nie aan die nuwe gradering voldoen nie en nie vir die poste kwalifiseer nie.
Sommige munisipale raadslede glo dat die span van sewe skuldinvorderaars aan die vereistes voldoen en hul poste moet behou, maar ander raadslede is van mening die poste kan nie net eenvoudig aan hulle gegee word nie.
“Die skuldinvorderaars doen goeie werk, maar ons het ’n beleid wat gevolg moet word. Die poste moet onder meer eers geadverteer word,” het die raadslede gesê.
Beleid
Volgens die raad moet die beleid gevolg en poste geadverteer word om nepotisme te verhoed.
“Poste kan nie op ’n skinkbord aan individue gegee word nie. Die huidige skuldinvorderaars se poste kan op grond van ons beleid nie gewaarborg word nie,” het Otjiwarongo se munisipale uitvoerende hoof, mnr. Moses Matyayi, gesê.
Hy sê hulle is opsoek na ’n aanspreeklike span en moedig almal in die huidige span aan om aansoek te doen, indien hulle aan die nodige kwalifikasies voldoen. Die poste is reeds intern geadverteer.
Volgens Matyayi is die skuldinvorderaars bewus daarvan dat hulle slegs op ’n kontrakbasis aangestel en dit onderworpe aan beëindiging is.
Volgens Matyayi was die munisipaliteit se skuld N$51 miljoen voor hy by die munisipaliteit begin werk het, al was daar reeds invorderingsbeamptes aangestel. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie