Skuldige ouditeure se name gaan bekend gemaak word
Justin Brown - Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure (Irba) wil in die toekoms nie meer die name van ouditeure en ouditeursfirmas wat sy professionele standaarde, gedragskode en die wet oortree geheim hou nie.
Irba, wat sowat 4 000 plaaslike ouditeure reguleer, gaan van Julie begin om die name van ouditeure wat skuldig bevind is aan oortredings, bekend te maak.
Dit kom in ’n tyd waar groot ouditfirmas soos KPMG, Deloitte en PwC fyn dopgehou word oor beweerde omstrede ouditpraktyke.
Ouditeure staan sentraal daarin om beleggers wat in private en staatsondernemings, asook verskeie organisasies sonder winsbelang, die versekering te gee dat finansiële state ’n ware en akkurate beeld skep van die stand van sake.
Irba gaan egter nie die name van al die skuldige ouditeure bekend maak nie.
Hy sal in die geval waar dit van openbare belang is, sy bevindinge, asook die name van ouditeure en firmas wat daarby betrokke is bekend maak.
Openbare belang
Lorraine van Schalkwyk, woordvoerder van Irba, sê dat sowat 75% van dispute nie in openbare belang is nie.
Irba definieer entiteite van openbare belang as genoteerde maatskappye of firmas wat ’n groot aantal en wye verskeidenheid belanghebbendes het.
Dit sluit in maatskappye wat bates in ’n fidusiêre hoedanigheid besit of finansiële instelling soos banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse.
In die geval van maatskappye wat nie as entiteite in openbare belang gedefinieer word nie, sal Irba wel besonderhede bekend maak waar ’n ouditeur herhaaldelik skuldig bevind is aan oortredings en waar hul bevindinge tot dissiplinêre optrede gelei het.
Irba het in Desember gesê hy gaan onmiddellik begin om besonderhede van skuldige ouditeure bekend te maak.
“Die Wet op die Ouditberoep laat die publikasie van spesifieke bevindings en name toe volgens die diskresie van die dissiplinêre komitee,” het Bernard Agulhas, uitvoerende hoof van Irba, tóé gesê.
Irba het vroeër dié maand sy kwartaallikse nuusbrief vir Januarie tot Maart gepubliseer, maar het nie enige name van ouditeure wat skuldig bevind is, genoem nie.
Van Schalkwyk sê dit is omdat die nuusbrief “verslag doen oor kwessies wat die ondersoekende komitee aan die einde van 2017 hanteer het, waar die bevindings aanbeveel vir die dissiplinêre raadgewende komitee toestemmingsbevele was.
“Dit sit besonderhede uiteen van bevindinge wat gemaak is voor daar veranderinge in die proses gemaak is.”
Van Schalkwyk sê Irba sal ouditeure wat sedert sy aankondiging skuldig bevind is se name in sy nuusbrief wat in Julie gepubliseer word verskaf.
In die jongste nuusbrief word daar na ses sake – waar die totale boetes R680 000 beloop – verwys.
Sowat R180 000 se boetes is nog nie betaal nie want die partye wat skuldig bevind is moet eers weer by Irba registreer.
Nóg R245 000 se boetes is vir drie jaar opgeskort. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie