Skuld al wat 'blom' in ekonomie
Me. Julie Osborne-Tame van Engeland gister tussen die blomme by Klein-Aus Vista in die Suide. Sy en haar man, mnr. Keith Tame, is weens die inperkings in Namibië "vasgekeer" en benut die tyd om die land te verken tot die grense oopgestel word. Namibië se toerismesektor kan vanjaar met tussen -64% en -85% groei, verwag die Bank of Namibia (BoN). Intussen het die sentrale bank gister gesê handelsbanke het die afgelope kwartaal skuldvakansies van N$2,2 miljard in totaal aan besighede in toerisme, gasvryheid en handelaars toegestaan. Lees die volledige berigte vandag in Market Watch.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie