Skuimkop: Saru het Salomo se wysheid nodig
Skuimkop: Saru het Salomo se wysheid nodig

Skuimkop: Saru het Salomo se wysheid nodig

Rugby
Die ouens kan darem nou weer duike in duiksakke lak, saam bind en sak vir skrums en rank in lynstane. Maar wat rugbywedstryde betref, is daar nog geen uitsluitsel oor deelname nie.
Trouens, daar is bloot uiteenlopende gerugte oor die hervatting van die spel ter plaatse.
Gaan ons ’n Curriebekerreeks sien herrys oor twee rondes waarin al die beskikbare Springbokke ook gaan speel? Of is daar eers ’n mini-reeks vir die vier Superspanne? ’n Noord-Suid-stryd? Of dalk net die Superheld-Saterdag-wedstryde, wat glo vir 26 September op Loftus Versfeld beplan is?
Niemand weet nie. Want die regering weet nie. Of sê nie. Wat beteken niemand weet nie.
Boonop is daar ’n groter kwessie ter sprake. Wat van aanstaande jaar?
Met die “normale” rugbyseisoen wat vanjaar weens die koronavirus-pandemie in die wiele gery is, gaan die SA Rugbyunie (Saru) uit die aard van die saak iets moet doen om in die oorblywende (somer)maande geld te probeer invorder ná liederlike verliese vir alle betrokkenes.
Dis bloot ’n korttermyn-oplossing.
Selfs al word die Curriebeker-reeks later vanjaar oor ’n dubbelronde beslis, bied dit nie ’n oplossing vir 2021 nie.
Dit wil al hoe meer lyk of Saru se kop na die Noordelike Halfrond staan, waar vier plaaslike spanne glo in ’n vergrote Pro-reeks in Europa kan gaan deelneem.
Watter vier, is natuurlik die tameletjie.
Die logiese gevolgtrekking, en een wat uiteraard deur die vier rykste rugbyunies ondersteun word, is dat dié eer die vier Superspanne te beurt moet val.
Natuurlik nie ’n sentiment wat hartlik in Bloemfontein ontvang word nie.
Die Cheetahs word sodoende (wéér) uit die internasionale arena verwyder, nes hulle destyds uit die Superreeks geskrum is. Is dit regverdig? Ná alles wat dié span, met beperkte hulpbronne en feitlik geen internasionale sterre nie, in die Pro14-reeks vermag het?
Skuimkop dink nie so nie. Maar wat is die alternatief? Jy kan seker op grond van ’n Curriebeker-reeks oor twee rondes die voorste vier provinsiale spanne bepaal wat in die Pro-reeks moet speel.
Dit los egter nie die dilemma op van wat die toekoms vir die ‘odd man out’ – hetsy die Cheetahs of Stormers of wie ook al – inhou nie. Hoe gaan daar na dié span gekyk word?
Miskien moet die woorde van die Bulle se president, Willem Strauss, vir eers ter harte geneem word. Ja, hy praat uiteraard as iemand met gevestigde belange as hy sê sakebesluite eerder as emosionele besluite moet nou seëvier.
As jy die hartsake eenkant toe skuif en die balansstate vergelyk word, is dit duidelik dat die Superrugby-spanne verreweg die groot vier is. Die Springbokke en die vier Superspanne is ons grootste bron van inkomste, sê Strauss. En juis daarom hoort hulle in die Pro-reeks.
Die Cheetahs gaan dit nie goedsmoeds aanvaar nie en dreig oënskynlik selfs met ’n regstryd, sou Saru besluit om die vier Superspanne Europa toe te stuur ten koste van die Vrystaatse franchise.
So wat van dié oplossing: Kies die vier spanne wat in die Pro-reeks gaan speel en volg dan ’n rotasiebeleid. Die een wat die swakste van dié vier in Europa vaar, word die volgende seisoen afgeskuif na die Curriebeker-reeks en vervang deur die een wat die vorige keer uitgemis het.
Daar gaan vorentoe nog baie gestry en baklei word oor die kwessie. Intussen loop die uurglas met rasse skrede leeg.
• Saru sal spoedig ’n ongewilde besluit moet neem.


RAADOP MET KSA
Waar sou ons krieket gewees het as oudregter Chris Nicholson se voorstelle in 2012 aanvaar en in werking gestel is?
Kan nét op ’n beter plek wees as wat dit tans is.
Die regsman het destyds ’n ondersoek na Krieket Suid-Afrika (KSA) se bestuurspraktyke gedoen en verskeie aanbevelings gedoen.
Sy verslag is opgestel ná ’n ondersoek wat gevolg het op die bonusskandaal en ander bestuurskwessies onder die leierskap van Gerald Majola, KSA se destyds die uitvoerende hoof.
Baie van die aanbevelings is deur KSA uitgevoer. Die een dat die KSA-raad verklein moet word en dat die meeste direkteure onafhanklike raadslede moet wees, is egter blindweg geïgnoreer – nadat Saskok ’n stokkie daarvoor gesteek het.
Nicholson het ’n raad van 12 aanbeveel, met nege onafhanklike raadslede. Mense wat die breë belange van krieket in ag sou neem, nie hul eie provinsiale of streeksgebonde belange nie.
Kundige mense uit onder meer die sakewêreld en die regsbedryf sou betrek word. Nie noodwendig krieketmense nie, maar mense met bewese vaardighede in bestuur en leierskap. Mense wat ’n onderneming soos KSA op sy tone kon hou.
Saskok het egter sy sin gekry en ’n KSA-raad met vyf onafhanklike direkteure en sewe nie-onafhanklike raadslede is gestig. Die res is ’n morsige geskiedenis.
Ironies dat KSA nou op sy beplande raadsvergadering (wat die naweek sou plaasvind, maar uitgestel is) weer die Nicholson-verslag wil bespreek.
Skuimkop hoop vir die beste. Maar verwag nie dat die oudregter se aanbevelings oor die samestelling van die raad nou skielik ter harte geneem sal word nie.
Hoekom so sinies, wonder u?
Want ’n dag nadat KSA die bom gelos het dat die verslag skielik weer op die tafel is, het hy met Saskok vergader. En sou Vrydag weer.
• Saskok gaan so waar as wragtig nie toelaat dat ’n afgetrede wit oubasie vir hom voorskryf hoe om sy sake te bedryf nie. – Netwerk24


FOTO
As Curriebeker-kampioen in 2019 en gevestigde Pro14-deelnemer, moet die Cheetahs sekerlik ’n kans kry om in 2021 in ’n vergrote Europese reeks een van die vier Suid-Afrikaanse spanne te wees? Nie as dit van die Superrugby-franchises afhang nie. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%