‘Skreiende’ ongelykhede in dienste vir kinders

Nie een MIV-doelwit in 2020 bereik nie

26 July 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht

Byna die helfte (46%) van die wêreld se kinders wat met MIV saamleef, was verlede jaar nie op behandeling nie. In dieselfde jaar is 150 000 kinders met die siekte geïnfekteer, vier keer meer as die 2020-doelwit van 40 000.

Dit volgens Unaids en vennote se jongste verslag, Start Free, Stay Free, AIDS Free, wat waarsku vooruitgang om vigs onder kinders, tieners en jong vroue te beëindig, het tot stilstand geruk met nie een van die doelwitte vir 2020 wat bereik is nie.

Die totale aantal kinders wat op behandeling is, het vir die eerste keer afgeneem ten spyte daarvan dat byna 800 000 MIV-positiewe kinders tans behandeling ontvang. Geleenthede om babas en jong kinders met MIV vroeg te identifiseer, word ook gemis. Meer as ’n derde van kinders wat van MIV-positiewe ma’s gebore word, word nie getoets nie. Word dié kinders nie behandel nie, sal sowat 50% van MIV-positiewe kinders voor hul tweede verjaardag sterf.

Volgens Shannon Hader, die Verenigde Nasies (VN) se Gesamentlike MIV/vigs-program (Unaids) se adjunk- uitvoerende direkteur vir programme, is kinders byna 40% minder geneig as volwassenes om op lewensreddende behandeling te wees – 54% van kinders teenoor 74% van volwassenes. Net 5% van alle mense wat MIV-positief is, is kinders, tog maak hulle 15% van vigsverwante sterftes uit, sê Hader.

Start Free, Stay Free, AIDS Free is oor ’n vyfjaarraamwerk en volg op die suksesvolle globale plan vir die uitwissing van nuwe infekterings onder kinders. Die raamwerk se benadering is om te verseker elke kind het ’n begin sonder MIV, dat hulle deur hul tienerjare MIV-vry bly en dat elke kind en tiener met MIV toegang tot antiretrovirale terapie het.

Die fokus is op 23 lande versterk waarin 21 in Afrika is. Laasgenoemde is verantwoordelik vir 83% van die globale aantal MIV-positiewe swanger vroue, 80% van MIV-positiewe kinders en 78% van jong vroue van 15 tot 24 jaar wat nuut met MIV geïnfekteer is.

Volgens die verslag is 11 lande verantwoordelik vir byna 70% van kinders wat MIV-positief is en geen behandeling ontvang nie. Tot verlede jaar was daar ’n afname van 24% in nuwe MIV-infekterings onder kinders in fokuslande teenoor die 20% wêreldwye afname. Fokuslande het ook 89%-dekking vir swanger MIV-positiewe vroue bereik, in vergelyking met die globale 85%.

Volgens die verslag moet swanger vroue so vroeg as moontlik met toetsing en behandeling bereik word. Sowat 66 000 nuwe MIV-infekterings het onder kinders plaasgevind net omdat hul ma’s nie behandeling tydens hul swangerskap of borsvoeding ontvang het nie. – [email protected]

Soortgelyk

 

J&J nou Namibiërs se eerste keuse

1 uur gelede | Gesondheid

Sedert die Janssen-entstof teen Covid-19, ontwikkel vir die farma-reus Johnson & Johnson, in Namibië aangeland het, het dit die eerste keuse vir immunisering in die...

Karweier se werkers voor staakdeur

2 ure gelede | Vervoer

‘n Hernude weiering van ‘n salarisverhoging vir werkers van die nasionale karweier, TransNamib, het daartoe gelei dat die kantoor van die arbeidskommissaris onderhandelinge by die...

Pfizer vandag in Namibië verwag

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-entstof Pfizer word vandag in Namibië verwag. Volgens die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, me. Petronella Masabane, kom 100...

Forklifting failure

1 dag gelede |

Natasja ByleveldAre you OK thinking about unconventional ideas that could uplift society and norms to a higher standard? Do you like a challenge, or do...

Big thinker who is not afraid of taking risks

1 dag gelede | Mense

Contrasting with his considered, analytical, and steady approach to life, Rolf Mendelsohn is an undisputed adventurer. Together with the other founders of Paratus, Rolf...

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

1 dag gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

An easy ride-hailing platform

1 dag gelede |

Wetumwene Shikage The everyday experience for many Namibians of getting a taxi to from different locations has been made more convenient. TaxiConnect provides an easy...