Skote oor vuurwapens
Die Namibiese regering wil al lank vuurwapens beter beheer.
'n Hernude amnestie is daarom in 2016 en 2017 toegestaan. Omvattende wetswysigings is in Maart ter tafel gelê en is reeds deur die Nasionale Vergadering aanvaar.
Geraaktes het nou 'n vereniging gestig om kapsie teen beweerde oordrewe en dalk onuitvoerbare bykomende voorskrifte te maak waarvolgens vuurwapenlisensies toegestaan sal word. Dit is hul demokratiese reg.
Te veel wetgewing bereik steeds die parlement sonder dat belangrike griewe vooraf opgeklaar is. Dit is ook 'n ope vraag in hoe 'n mate die breë publiek by die debat betrek is.
Die vereniging reken onder meer verpligte ballistiese toetse op alle vuurwapens sal rompslomp vererger.
Vuurwapens is gevaarlik. Goeie beheer daaroor is belangrik vir beskerming. Niemand betwis dit nie.
Republikein het reeds in Maart vrae gestel oor beskikbare mannekrag, byvoorbeeld om bevoegdheidsertifikate uit te reik, en moontlike onnodige burokrasie, wat Mary McCarthy al 'n moderne vorm van despotisme genoem het.
Langer tussenposes as vyfjaarlikse hernuwings kan dalk oorweg word. 'n Wetlike onus kan ook tussen hernuwings op eienaars geplaas word om self veranderinge in bevoegdheid te rapporteer – met swaar strawwe as die plig nie nagekom word nie.
'n Groot toets vir die sukses van veranderinge is koste en tyd – opgeweeg teenoor werklike voordele.
As die aantal vuurwapenlisensies in ongeveer 14 jaar verdubbel het, lê deel van die oplossing ook daarin om die vrees vir misdaad deur beter polisiëring te bekamp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie