Skootrekenaars vir A.I. Steenkamp
Nampala Holdings Fishing Company het onlangs drie skootrekenaars en ’n drukker ter waarde van sowat N$15 000 aan Laerskool A.I. Steenkamp in die hoofstad geskenk.
Volgens me. Thusco |Nanus, die skool se waarnemende hoof, is hulle verheug oor die skenking.
|Nanus het gesê die onderwysers het nie genoeg skootrekenaars om sekere take te verrig nie, soos die opstel en oordra van leerlinge se punte.
Die skenking sal dié werk aansienlik vergemaklik, asook uitkoms bied aan leerlinge wat nie skootrekenaars by die huis het nie.
Wanneer hulle aanlyn navorsing moet doen, kan dit nou by die skool gedoen word, asook voorbereiding vir wiskunde-kompetisies en wetenskapuitstallings, het sy gesê.
Boonop kan hulle leer hoe om die internet te gebruik.
Mnr. Nico Balzer, ’n vennoot van Nampala Holdings Fishing Company en voormalige leerling van die skool, sê hy verstaan onder watter moeilike omstandighede die meeste van die leerlinge en onderwysers moet werk, en glo dit is hul maatskaplike verantwoordelikheid om minderbevoorregtes te ondersteun.
“Ons moet aan ander ook dink. Dit is ons plig om minderbevoorregtes se las te verlig. Ons bydrae maak wel ’n verskil,” het hy bygevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie