Skoonmaker vas vir diefstal van koshuiskos
Skoonmaker vas vir diefstal van koshuiskos

Skoonmaker vas vir diefstal van koshuiskos

Francoise Steynberg
'n Skoonmaker van die Karundu Primêre Skool op Otjiwarongo is in hegtenis geneem nadat kos wat by die skoolkoshuis se kombuis gesteel is, by sy huis gevind is.

Die 28-jarige skoonmaker en sy vermeende medepligtige (27) is in hegtenis geneem nadat bees- en wildkarkasse, asook bokse hoender, vis en kaas by sy huis deur lede van die Namibiese polisie (Nampol), wat deur onderwysers van die skool vergesel is, gevind is.

Nampol se woordvoerder van die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het gesê onderwysers en leerlinge het opgemerk dat een van die kombuisvensters by die skoolkoshuis gebreek is.

Hulle het die polisie gebel wat bevind het dat van die kos uit die kombuis se stoorkamers voete gekry het.

Die polisie en en die onderwysers het die verdagtes se spore tot by die huis in die Ombili-nedersetting gevolg.

Dit word vermoed dat die twee mans Saterdagnag in die kombuis ingebreek het.

“Karkasse is by die huis gevind en sommige van die kositems is by ander huise gevind wat dieselfde nag aan inwoners van die informele nedersetting verkoop is," het Mbeha gesê.

Die waarde van die gesteelde goedere word op N$10 000 beraam.

Die twee verdagtes sal na verwagting môre in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn.

Die polisieondersoek duur voort - Nampa

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° #N/A #N/A