Skooltjie geverf
Die Amos Meerkat-skoolprojek (AMP) is een van Namibia Media Holdings (NMH) se uitreik-inisiatiewe waarby 600 kinders baat. Dié skooltjie in Babylon is Saterdagoggend in nuwe kleure uitgedos. NMH ondersteun AMP jaarliks as deel van hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid deur hul skoolboeke te druk. Vanjaar het werknemers van NMH die Rose preprimêre skool in die Babylon- informele nedersetting buite Katutura geverf en 'n skadunet aangebring. Foto Absai Haiduwa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie