Skoolkalender nou twee semesters
Skoolkalender nou twee semesters

Skoolkalender nou twee semesters

Die nuwe kalender vir skole maak voorsiening vir 'n ­wintervakansie.
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg – Aanstaande jaar se skool­kalender is van drie termyne tot twee semesters verminder.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se nuwe skool- en koshuiskalender volg 'n semesterbenadering in die plek van die huidige trimesters.

Dit beïnvloed nie die aantal skooldae in vergelyking met vorige skoolkalenders of die Desembervakansie nie.

Die verandering is genoodsaak deur die styging in infeksiekoerse onder leerlinge en onderwysers gedurende wintermaande en die uitdagings wat skole in die gesig staar met kinders wat in die donker tydens die winter van Junie en Julie moet skool toe loop.

“Die verandering in die 2022-skoolkalender is genoodsaak deur die toename in Covid-gevalle tydens die 2020- en 2021-winterseisoene. In 'n poging om die hoë infeksiekoerse en die moontlike sluiting van skole te vermy, is 'n wintervakansie as gepas gesien,” het die uitvoerende direkteur in die ministerie, me. Sanet Steenkamp, gesê.

“Dit moet beklemtoon word voor die goedkeuring van hierdie veranderinge, is die insette, kommentaar en voorstelle van die publiek gevra deur voorlopige kalenders wat in plaaslike koerante geadverteer is,” het Steenkamp gesê.

Die nuwe kalender beteken die skooljaar sal in twee semesters opgedeel word met die eerste wat op 10 Januarie aanstaande jaar begin. Die tweede semester begin op 25 Julie 2022.

“Dit gaan voorkom asof die semesterstelsel nou langer as gewoonlik is wat beteken meer indiepteonderrig en beter gehalte-instruksie, hoewel die aantal skooldae dieselfde bly,” sê Steenkamp.

Die private skool Windhoek Gimnasium het die verandering as 'n skoolgemeenskap verwelkom.

“Dit stel ons in staat om ons kalender in vier kwartale te deel, elk met 'n gelyke aantal skooldae. Omdat ons aan baie sportgeleenthede in Suid-Afrika deelneem, is die kalender in dié verband ook meer geskik,” sê me. Luanne Bekker, Gim se woordvoerder en menslike hulpbronbestuurder.

“Ons het baie positiewe reaksie van ons ouers en onderwysers ontvang. Beide leerlinge en onderwysers sal voordeel uit ons kalender met vier kwartale en die gelyke aantal skooldae trek. As ons na die breër skoolgemeenskap van Namibië kyk, glo ons die kinders wat ver vir skool moet reis, sal voordeel uit 'n langer skoolvakansie in die koue wintermaande trek,” het Bekker bygevoeg.

Hoërskool Hage Geingob het ook die verandering verwelkom en gesê dit sal die las op onderwysers verminder.

“Dit laat meer tyd vir onderrig en om te leer. Ses maande is genoeg tyd vir jou as onderwyser om die inhoud te dek, voldoende evaluering en eksaminering te doen en leerlinge meer tyd te gee om die inhoud te verstaan. Meer vakansies ontwrig onderrig en fokus,” sê me. Selma Kambonde, departementshoof by die skool. 'n Bron van kommer wat deur ouers geopper is, is oor die impak van die verandering op leerlinge wat akademies sukkel.

“As jou kind ondergemiddeld presteer of net 60% behaal, het jy ten minste drie termyne om die onderwyser en jou kind te help om die graad te bemeester. In die eerste termyn kan die kind sukkel en selfs druip. Met die ou stelsel kon jy die eerste twee termyne gebruik om hulp en ekstra klasse vir jou kind te kry om te verbeter en met die derde termyn het hulle met vlieënde vaandels geslaag,” sê me. Chantal van Wyk.

“Met twee semesters is jy nie verseker jou kind gaan die graad bemeester nie en dit plaas baie druk op die onderwyser, kind en ouer,” sê Van Wyk.

Volgens Steenkamp bied die nuwe stelsel leerlinge meer tyd om uitdagende opdragte te voltooi en teorieë teenoor bloot net feite te leer, omdat korter, gereelde pouses sorg vir voldoende tyd wat nodig is vir leerlinge om nuwe konsepte te bemeester.

“Die hersiene kalender bevoordeel ook leerlinge in gevalle van afwesigheid weens siekte of enige ander rede, omdat hulle nou meer tyd het om agterstande in te haal. Langer vakansies bied ook aan onderwysers meer tyd om vir die volgende semester voor te berei,” sê Steenkamp.

Volgens haar sal die voortgesette evalueringsvorms wat deur onderwysers vir verskillende grade gebruik word, moet verander om in lyn gebring te word met die nuwe stelsel. Die aantal evalueringstake kan moontlik dieselfde bly, buiten vir toetse aan die einde van die semester.

“Leerlinge sal hul punte van hul finale grade – NSSCO/NSSCAS vir Augustus/September-eksamens gebruik om by instellings van hoër onderrig aansoek te doen. 'n Week of twee kan hiervoor beplan word.”

Skole wat leerlinge vir NSSCO/NSSCAS-eksamens voorberei, reël gewoonlik vakansieskole of ekstra klasse.



TERSIêRE AANSOEKE

Steenkamp sê die uitgebreide tydsraamwerk bied bykomende studietyd en verhoogde interaksie tussen leerlinge en onderwysers wat meer in-diepte, gehalteonderrig verseker.

Die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) is vol vertroue die nuwe skoolkalender sal nie aansoeke en toelatings beïnvloed nie.

“Hoërskoolleerlinge het 'n formele, interne eksamen aan die einde van die eerste semester. Die punte van dié eksamen kan gebruik word vir die aansoekproses, wat tot 30 September 2022 oop bly,” sê mnr. Nico Smit, waarnemende woordvoerder.

“Nust verleng gewoonlik sy aansoektydperk tot die einde van Oktober 2022 om te verseker alle voornemende studente het genoeg tyd om hul aansoeke in te dien. Hoërskoolleerlinge sit vir hul finale eksamens tydens Oktober/November 2022 en ons verwagting is dat dié uitslae in Desember 2022 of vroeg Januarie 2023 beskikbaar sal wees.”

Hy sê dit is belangrik om in gedagte te hou die voorgestelde skoolkalender loop in beginsel in lyn met Nust se akademiese kalender.

“Onderrig by Nust begin gewoonlik middel van Februarie tot middel Junie wanneer ons breek in die middel van die jaar begin. Leerlinge wat hul finale eksamens in Desember 2022 of vroeg Januarie 2023 skryf, sal steeds dié finale punte vir toelating in 2023 se akademiese jaar kan indien.”

Die eerste semester vir skole begin aanstaande jaar 10 Januarie met die eerste breek vanaf 3 tot 6 Mei. Die eerste semester eindig 10 Junie, met skole wat weer op 26 Julie begin. Dit sluit weer 26 tot 30 September vir 'n pouse, terwyl die laaste skooldag 15 Desember is. Die totale skooldae is 195. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%