Skooljoernaliste raak touwys by NMH-kamp
Skooljoernaliste raak touwys by NMH-kamp

Skooljoernaliste raak touwys by NMH-kamp

Helene Bam
Helené Bam



'n Groep van 65 hoërskoolleerlinge wat deel is van die redaksionele spanne van Namibia Media Holdings (NMH) se skolekoerantprojek het die naweek NMH se vierde mediakamp bygewoon.

Dié 65 leerlinge het 25 skole van ses streke in die land verteenwoordig.

Leerlinge is tydens die kamp aan 'n wye verskeidenheid mediamediums en -onderwerpe blootgestel. Verskeie werkwinkels is onder meer oor media-etiek, fotografie, bladuitleg en kopieredigering aangebied.

Leerlinge het die geleentheid gekry om die jongste inligting- en elektroniese tegnologie te gebruik om video's te skep en kon selfs hommeltuie laat vlieg.

Hulle het ook Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung se redakteurs ontmoet en kon met hulle oor die media in Namibië gesels.

Die kamp is van stapel gestuur om leerlinge oor die mediabedryf touwys te maak en om redaksionele spanne van NMH se skolekoerantprojek met verskeie mediavaardighede te bemagtig.

Dit word in samewerking en met borgskappe van First National Bank Namibia (FNB), Old Mutual en die Namibian Port Authority (Namport) moontlik gemaak.

Lees meer oor dié kamp in The Zone (NMH se weeklikse jeugpublikasie) wat môre in Republikein verskyn.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer