Skoolhoof, vrou in gewapende rooftog vasgebind
In albei voorvalle is die vensters uitgebou voordat die rowers toegang tot die huise verkry het.
Kristien Kruger - ’n Bekende skoolhoof en sy vrou is vroeg Saterdagoggend in hul huis in Avis in die hoofstad deur vier gewapende mans aangehou en beroof.
Goedere ter waarde van sowat N$200 000 is glo gesteel.
Volgens die skoolhoof, wat verkies om anoniem te bly, is hulle omstreeks 02:30 deur die mans met balaklawas wakker gemaak.
“Die rowers het ons hande met dik skoenveters agter ons rûe vasgebind terwyl hulle ons huis omtrent leeg gesteel het. Die gesteelde goedere sluit onder andere elektroniese toestelle, juwele, gewere, vleis en ander kos, met ’n totale waarde van sowat N$200 000 in,” het hy gister aan Republikein vertel.
“Die rowers het die elektriese heining agter in die erf geknip en een van die venster van die huis versigtig uitgebou en so die huis binnegekom. Ons was eers bewus van hulle toe hulle ons kamer binnekom.”
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag was die verdagtes met ’n geweer, panga en skoktoestel gewapen.
“Toe die rowers weg is, het my vrou haar hande losgekry, my losgemaak en dadelik die paniekknoppie gedruk. Die polisie was gou op die toneel, maar het dadelik die eenheid vir ernstige misdaad gekontak,” het die skoolhoof gesê.
Afgesien daarvan dat die paartjie se hande vasgebind was, is hulle ongedeerd ná die voorval.
Volgens die Namibiese polisieverslag is die verdagtes nog nie opgespoor nie en duur die ondersoek voort.
“Van ons dokumente is in Kleine Kuppe gevind, maar geen ander gesteelde goedere is opgespoor nie,” het die man gesê.
Nóg ‘n rooftog
Die Windhoekse aftreeoord, Auas Hills, het Vrydag omstreeks 02:00 ook ’n inbraak gehad waar vier mans glo een van die eenhede beroof het.
“Die rowers het ook die venster uitgebou om die eenheid van ’n vrou in haar laat 80’s binne te kom. Die vrou het in haar kamer geslaap toe sy wakker skrik en die vier mans sien,” het die oord se bestuurder, mnr. Chris Alberts, gister aan Republikein gesê.
“Sy het vir hulle gevra wat hulle daar maak en toe hardloop die mans weg.”
Die vrou is glo van haar skootrekenaar, handsak en juwele beroof.
Alberts is onseker van presies hoe die rowers die oord binnegekom het, want die perseel is met ‘n elektriese heining omring en het drie sekuriteitswagte – een by die hek en twee wat die perseel patrolleer.
Die bestuurder vermoed iets het by die heining skeefgeloop wat veroorsaak het dat die alarm nie afgegaan het toe die rowers ingekom het nie.
Hy sê die polisie was kort ná die voorval by die oord.
“Hulle het die rowers se voetspore gesien, maar kon nie vasstel in watter rigting die rowers beweeg het nie.”
Volgens Alberts vermoed die polisie dat dit die werk is van ’n bekende sindikaat wat verantwoordelik vir verskeie rooftogte in Windhoek is. Die ondersoek duur voort.
Alberts sê dat reeds begin is met beplanning om die oord se veiligheid op te skerp,
“Ons gaan nie rus voor ons inwoners weer veilig voel nie”.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie