Skoolhoof sterf in panga-aanval
Skoolhoof sterf in panga-aanval

Skoolhoof sterf in panga-aanval

Ileni Nandjato
Ileni Nandjato – Die Okambebe Gekombineerde Skool se skoolhoof, mnr. Lazarus Kapiye (59), se neef het hom Saterdag na bewering met ‘n panga doodgekap.

Die voorval het omstreeks 21:00 by Kapiye se huis in die Oshikwiyu-nedersetting naby Omungwelume in die Ohangwenastreek plaasgevind.

Die verdagte (41), Kapiye se buurman, het hom glo aangeval sonder om ‘n woord te sê. Kapiye, wat pas uit Windhoek teruggekeer het waar hy sy dogter se gradeplegtigheid bygewoon het, was besig om saam met sy familie televisie te kyk.

Volgens ao. Kaume Iitumba het die verdagte Kapiye na bewering verskeie kere op sy kop en beide arms gekap. Hy het op die toneel gesterf.

Die verdagte het homself later aan die polisie oorhandig.

Die streekdirekteur van onderwys, mnr. Isak Hamatwi, het gesê die oorledene was sedert 2009 die Okambebe Gekombineerde Skool se skoolhoof. Hy sou volgende jaar afgetree het.

Die polisieondersoek duur voort. – Bykomende beriggewing deur Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer