Skool vir dowes plant 'n boom
Skool vir dowes plant 'n boom

Skool vir dowes plant 'n boom

Die munisipaliteit van Windhoek vier elke jaar Nasionale Boomplantdag deur bome by skole te plant asook vrugtebome aan gemeenskappe te skenk. In 2012 het die munisipaliteit 3 000 bome aangeplant en wil vanjaar dieselfde doen. 'n Seremonie om hierdie dag te vier, is Vrydagoggend by die Nise-skool vir dowes gehou en leerlinge kon die bome self plant. Hulle het die nuwe bome elk 'n naam gegee. Die burgemeester van Windhoek, me. Agnus Kafula ( links agter), het hulle gehelp toe een van die bome met sand toegegooi word. FOTO IAN NORTJE

Kommentaar

Republikein 2025-07-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer