Skones skud hul vere reg
Die Mej. Namibië-finaliste het die afgelope naweek die kus besoek vir die verfilming van verskillende insetsels voor die kroningsgeleentheid wat op Saterdag 5 Junie in die hoofstad plaasvind. Die finaliste het met 'n vroegoggend-grimeersessie deur Kanuma Beauty begin. Daarna het Laramon Tours hulle met 'n ongelooflike katamaranrit en 'n ontbytbraai op die boot bederf. Nog hoogtepunte was 'n kameelrit in die duine, en die dag wat met 'n vierwielmotorfietsrit en 'n skemerkelkie op die duine afgesluit is. Foto Kris Barnard


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie