Skone Steffi, sosiale sportliefhebber

Elvira Hattingh
“Dit was vir my ’n vreeslike groot skok om Mej. Namibië te wen, want dit is heeltemal buite my gemaksone. Ek was vreeslik bly dat die Here my so geseën het en dit was vir my iets baie groots.”
Die nuutverkose Mej. Namibië, Steffi van Wyk (23), is passievol oor sport en glo dit of nie, sy het al vrouerugby gespeel. Sy werk tans by Hoër­skool Jan Möhr as spor­torganiseerder, waar sy onder meer hokkie afgerig het.
Van die skool se leerlinge het haar ook tydens die kompetisie ondersteun.
“Hulle het pamflette gedruk en oral oor die skoolgrond versprei om vir my in die kompetisie te stem. Hulle het ook by ons optrede by die Khomas ­Grove-inkoopsentrum opgedaag en ’n banier gemaak om hul steun te wys.”
Steffi het nie verwag om op Saterdag 8 Augustus die kroon te wen nie. Toe seremoniemeester Kuda Brandt haar naam uitroep, het sy vir ’n ruk lank trane in haar oë gehad.
“Ek was baie bewoë, want ek het hard gewerk. Harde werk is wat ek doen, ek hou nie daarvan om halfhartig in ’n ding in te gaan nie.”
Steffi se eerste prinses is Lyrischia Immanuellah en die tweede prinses is Unongo Kutako.
“Die skoonheidskompetisie het my geleer om onselfsugtig te wees. Ek het ook ontdek wie ek werklik is en my persepsie oor die lewe het verander. Ek kyk anders na dinge en ek het ook spiritueel gegroei. Ek sal enige meisie aanmoedig om aan die Mej. Namibië-skoonheidskompetisie deel te neem. Ek sien ook baie uit na Mej. Wêreld wat vanjaar in China plaasvind.”
Steffi sê van haar gunsteling aktiwiteite sluit in sosialisering met vriende, oefening en om aan sport deel te neem.
Steffie is ’n 100 m-hekkiesatleet en het in 2012 die nasionale rekord verbeter. Dié rekord is 20 jaar gelede in 1992 deur Charmaine Smit opgestel. Steffie ag dit as een van haar grootste prestasies in haar lewe tot dusver.
“My droom was om volgende jaar internasionaal in die afdeling vir 60 m-hekkies te gaan kompeteer, maar as gevolg daarvan dat ek nou Mej. Namibië is, het my prioriteite vir eers verander. Ek gaan egter nie ophou met my atletiek nie.”
Steffi het ook ’n passie vir hokkie, maar weens haar besige skedule moes sy tussen dit en haar atletiek kies. “’n Mens kan nie te veel dinge wil doen nie; jou tyd is beperk.”

Familie
Steffi het vir die grootste deel van haar kinderlewe op Otjiwarongo gewoon en sê sy was ’n “hiperaktiewe” kind wat graag buite saam haar ouer broer en sy maatjie gespeel het.
Toe sy 13 jaar oud was, het hul gesin Tsumeb toe getrek. Hulle het later na Windhoek verhuis en sy het haar laaste skooljare hier voltooi.
“Ek dink ek was ’n bietjie intimiderend as ’n kind omdat ek so graag sport gedoen het. Ek het egter nooit nie mooi gevoel nie, want sportonderwysers moedig jou aan om in jouself te glo, om te volhard en op doelwitte te fokus. My fokus was egter nooit om ‘mooi’ te wees nie, maar eerder om die lewe te geniet.”
Steffi kom uit ’n sportiewe familie. Haar broer, Russell van Wyk, speel vir die Welwitschias, Namibië se nasionale rugbyspan. Steffi sê hy was ook by die kroningsgeleentheid van Mej. Namibië en sy kon sien dit was vir hom ’n groot oomblik toe sy wen.
“Ek kon sien sy oë het so bietjie natter geraak.” Steffi sê hy is ook vir haar ’n groot inspirasie omdat hy so ’n harde werker is.
“Soms werk dinge nie vir hom uit nie, maar hy hou net aan. Hy is my beste vriend en my rolmodel wat betref sy toewyding, deursettingsvermoë en vermoë om vir ’n droom te werk. Hy wou altyd ’n professionele rugbyspeler gewees het en vandag is hy een.”
Hoe voel haar ouers oor haar oorwinning?
“Hulle is verras en dankbaar. My pa het nadat ek ingeskryf het aanvank­lik gesê ‘nee man, Steffi, dit is nie jy nie’. My ma het egter met hom gepraat en gesê ‘Steffi gaan aan Mej. Namibië deelneem – jy kan dit nie keer nie’.
“Hy het my toe begin ondersteun, maar ek dink hy wou my maar net beskerm. Dit was nie oor hy nie in my geglo het nie.

Sport is nie ‘onvroulik’
Wat dink Steffi van die tendens onder jong meisies wat sport geniet, maar bang is om te gespierd te raak en dan ophou om dit te beoefen omdat hulle bang is dat hulle nie meer vroulik sal vertoon nie?
“Dit is baie hartseer, want ek glo as jy ’n godgegewe talent het, moet jy dit beoefen. Nie almal het so ’n talent nie.
“Ek weet nie wat is die kwessie wat die samelewing oor gespierde vroue het nie. Ek het ook spiere. Ek sal sê as jy gemaklik met jouself voel, gesond is en ’n goeie, voedsame dieet volg, kan niemand vir jou sê jy is nie mooi nie. Solank jou innerlike skoonheid na buite skyn – dit is wat eintlik belangrik is.”
Steffi het tydens haar studies by die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein ook aan die Vroue Sewesrugbyreeks deelgeneem.
“My broer was daarteen gekant dat ek rugby speel; hy het gesê sy sussie kan nie rugby speel nie. Ek hou egter van uitdagings en mense het my genader om rugby te speel. Dus het ek ingestem.”
Steffi het egter ná ’n jaar besef die tipe sport is nie vir haar nie.

’n Titel vir skolesport
Hoekom het sy vir Mej. Namibië ingeskryf?
“Iemand by die werk het my aangemoedig om dit te doen. Sy het gesê sy sien potensiaal in my. Dit het my geïnspireer en ek het daaroor gaan dink en besef dat dit ’n goeie platform kan wees om verandering mee te bring en die jeug te inspireer. Ek het dit ook gedoen om selfvertroue te bou.”
Steffi wil haar titel ten bate van skolesport in Namibië gebruik.
“Sport is my passie. Ek wil talent oral oor die land oes. Die grootste probleem met skolesport is ’n gebrek aan blootstelling en toewyding deur kinders.
“Kinders het oor die jare heen belangstelling in sport verloor. Hulle hou hulself eerder met tegnologie besig. Hul prioriteite het ook verander - hulle speel nie regtig meer buite nie en kry nie kans om werklik meer net kinders te wees nie.
“Ek wil op die jeug fokus – hulle is die toekoms van hierdie land. Ek wil ’n droom, doel of visie in hul harte plant en hulle help om te glo dat hulle die hoogste sport kan bereik en werklik ’n verskil kan maak.
“Die jeug is waar alles begin en elkeen van ons is vir groot dinge bestem, mits ons hard daarvoor werk.”

Gaan altyd vorentoe
Steffi hou van kosmaak en geniet dit om foto’s van die natuur te neem.
“Ek is nie ’n professionele fotograaf nie, maar ek sou graag kursusse of klas in fotografie wou loop om my vaardighede te verbeter.”
Wat is haar beste en minder goeie eienskappe?
“My beste eienskappe is dat ek baie ambisieus, nederig en doelgerig is. Ek dink een van my slegter eienskappe is dat ek baie eerlik is. Nie almal wil altyd ’n eerlike antwoord hoor nie.”
Steffi hou nie van meerderwaardige mense nie.
“Ek hou nie van mense wat op ander neersien nie, want ons moet mense ­inspireer en die beste wees wat ons kan.”
Sy lewe ook volgens ’n stelling wat eenmaal deur mnr. Nelson Mandela gemaak is: “Our deepest fear is not that we are inadequate, but that we are powerful beyond measure.”
“My grootste vrees is om te stagneer. Ek glo ’n mens moet altyd vorentoe in die lewe gaan. Sorg ook dat jy elke dag iets nuuts leer, maak nie saak wat dit is nie.”
Haar raad is dus soos volg: “Jong meisies, as julle ’n droom het, werk hard daarvoor. Jy kan nie net agteroorsit en op beter dae wag nie. Werk hard en moenie toelaat dat mense jou vertel jy kan iets nie doen nie.
“Ons almal is vir groot dinge bestem. Leef voluit, want dit is waaroor die lewe gaan.”

35ste Mej. Namibië
Steffi van Wyk was die 35ste Mej. Namibië om gekroon te word sedert die skoonheidskompetisie in 1980 begin is.
Sy was duidelik ’n gunsteling onder die gehoor.
Die ander vier onder die topvyf Mej. Namibië-finaliste was Lowrien Hamunjela, Sanet van Zyl, Lyrischia Immanuellah en Unongo Kutako.
Fatima Shaningwa het die kykerskeuse-kroon ontvang, terwyl Marizan Fisch en Liandré Claasen onderskeidelik as Mej. Persoonlikheid en Mej. Fotogenies aangewys is.
Me. Pendukeni Iivula-Ithana, Namibië se minister van binnelandse sake en immigrasie, is die beskermvrou van die skoonheidskompetisie.
Nic Kruger, Jacolien Flanegan, Veueza Star Kandji, Manga Nawa-Mukena, Mia de Klerk, Mathews Hamutenya en Hilda Basson-Namundjebo het onder die beoordelaars getel.
Die klereontwerpers vir vanjaar se 12 finaliste tydens die spoggeleentheid was Cobus Möller, Nikola Conradie, Monika David, Ingrid Preuer, Sean Cloete, Donald Diergaardt, Sophia Nendongo en Tuyakula Shikomba.
Plaaslike kunstenaars onder wie Blossom, Lize Ehlers en Star Dust en dansers van die Anchen Wille Dans­akademie en Xclusive Dance Crew het die gaste vermaak.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.27 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.27/OZ UP +1.33% | Copper US$ 4.89/lb UP +0.18% | Zinc US$ 2 996.80/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.33/BBP UP +0.19% | Platinum US$ 1 065.39/OZ UP +2.07% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.27 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.27/OZ UP +1.33% | Copper US$ 4.89/lb UP +0.18% | Zinc US$ 2 996.80/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.33/BBP UP +0.19% | Platinum US$ 1 065.39/OZ UP +2.07%