Skone Lira bemark Namibiu00eb
Skone Lira bemark Namibiu00eb

Skone Lira bemark Namibië

Ronelle Rademeyer
Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings (Fenata) as die Namibiese Toerisme-ambassadeur in Suid-Afrika en die wêreld aangestel. Lira vertel “wat veronderstel was om 21 dae in Namibië te wees, het ses van die wonderlikste maande in my lewe geword”. Haar aanstelling is ‘n inisiatief om Namibië as ‘n voorkeurbestemming te bemark en staan bekend as Destination Namibia. Foto Oratel Music

Kommentaar

Republikein 2026-06-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer