Skolesport: Nog u2019n jaar in sy maai?
Skolesport: Nog u2019n jaar in sy maai?

Skolesport: Nog ’n jaar in sy maai?

Selfs die klein getal wedstryde wat verlede jaar moontlik was, lyk in hierdie stadium van 2021 geensins gewaarborg nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Organiseerders van die prominente spansporte wat in die wintermaande in Namibiese skole beoefen word, klink nie optimisties oor die vooruitsigte dat enige nasionale ligas vir 2021 opgestel of afgehandel sal kan word nie.

Die Covid-19-pandemie het verlede jaar ook verhinder dat enige hokkie-, netbal of rugbyligas gespeel kon word. Geen nasionale skolespanne in enige ouderdomsgroep is ook saamgestel nie, deels vanweë die inperkings wat sportreise buite die landsgrense of selfs byeenkomste van mense vir oefeninge of wedstryde grootliks uitgeskakel het.

Die huidige dodelike derde vlaag van die coronavirus se landwye toer het reeds vanaf 1 Junie daartoe gelei dat alle kontaksport ingevolge die nasionale regulasies verbied word.

In die geval van rugby het die organiseerders van die Namibiese Hoërskolerugbyvereniging (Nassra) byvoorbeeld reeds ’n wedstrydprogram vir die Momentum-ligas (o.14 tot o.19) opgestel gehad wat veronderstel was om op 29 Mei af te skop en op te bou na die halfeind- en eindstryde op 6-7 en 13-14 Augustus.

“Met die feit dat die skole nou eers op 3 Augustus gaan begin, kontaksport wat steeds verbied word, talle onderwysers en leerlinge wat Covid het, ensovoorts, dink ek nie ons gaan vanjaar enige skolerugby speel nie,” sê mnr. Hermann Rust, jarelange administrateur van Nassra.

Die leerders se beduidende akademiese agterstand wat Covid-19 op skole afgedwing het, word as nog ’n faktor bygevoeg deur me. Liezel Garbers, verbonde aan netbal se organisering.

Terwyl bespiegel word of Namibië reeds die piek (of is dit laagtepunt) van die derde golf bereik het, of nie, en te midde van die volgehoue stryd om die kurwe van die virus se verspreiding onder beheer te kry, kan niemand met sekerheid sê wanneer enige vorm van skolesport weer gespeel sal kan word nie.

“Ons is maar uitgelewer aan wanneer die regering se volgende aankondiging van maatreëls gedoen word,” sê Garbers.

Haar skool, Windhoek Gimnasium, koester saam met Windhoek Hoërskool die hoop dat ’n multi-sport interhoër dalk nog soos gebruiklik voor die jaareinde ingepas kan word.

“Indien ons in Augustus toegelaat word om kontaksport te hervat, sal ek verneem watter skole wil speel, maar ’n mens sal dit nie ’n nasionale liga kan maak nie, omdat almal nie deelneem nie. Wedstryde sal heel moontlik net op ’n vriendskaplike grondslag geskied, soos verlede jaar.”

In verlede jaar het die premierliga-rugbyskole soos Windhoek Affies, WHS, Windhoek Gimnasium, Moria Privaatskool en HTS slegs binne ’n kort periode van enkele weke die kans aangegryp om vriendskaplike wedstryde te reël te speel – dikwels sonder toeskouers of met handhawing van streng regulasies.

Hokkie is ook ’n kontaksport en word net soos die res nie eens tans toegelaat om vir oefensessies byeen te kom nie. Die vooruitsigte vir ’n hervatting van hokkie lyk tans ewe onseker as vir die ander groot wintersportkodes.

[email protected]

FOTO
Die minister van sport, me. Agnes Tjongarero, en die Sportkommissie se hoofadministrateur, mnr. Freddy Mwiya, word deur Samsung WHS se kaptein Edward Turner aan die WHS-spelers bekendgestel voor die interhoër van Oktober 2020. Die WHS Koedoebulle het ’n seldsame oorwinning met 23-13 by Windhoek Gimnasium se Leeukuil behaal. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.78 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.34/OZ DOWN -0.0061 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0158 | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.75% | Brent Crude Oil US$ 83.77/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 060.97/OZ DOWN -0.0083 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.78 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.34/OZ DOWN -0.0061 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0158 | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.75% | Brent Crude Oil US$ 83.77/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 060.97/OZ DOWN -0.0083