Skoleliga slaag in doel
Tennis
Die FNB nasionale skoleliga se finale is Saterdag in Olympia by die bane van die Sentraal Tennisklub aangebied waaraan tien van die Erongo- en Khomasstreek se beste skole deelgeneem het.
Die toernooi is deel van die FNB Namibië Tennisvereniging (NTA) se junior ontwikkelingsprogram wat daarop gerig is om die sport onder jeugdiges in verskeie streke gewild te maak.
Die skole in laas Saterdag se eindtoernooi het in hul onderskeie streke meegeding om so ver te dring.
Meisies en seuns van die skole het in spanne asook individueel in die o.10-, o.12- en o.14-afdelings teen mekaar gespeel. Elke skool is deur ''n meisie- en seunsspan met vier spelers in elke ouderdomsgroep verteenwoordig.
Meer as 100 spelers het in die “Play & Stay” formaat gekompeteer waar kleiner bane, laer nette en sagter balle gebruik word om die spel makliker vir die beginnersgroep te maak.
Die FNB Laerskoleliga is ''n wonderlike wegspringplek vir kinders om later mededingende tennis te speel. Hulle kan ook deur die NTA gekies word om aan die junior tennis bekendstellingsprogram deel te neem.
Met die prysuitdeling het me. Revonia Kahivere, bestuurder vir korporatiewe maatskaplike belegging by FNB, opgemerk dat die kinders se entoesiasme en goeie sportmanskap dit laat lyk het of die middaghitte hulle nie pla nie. Sy het ook vir Kallie Heese en sy span vir hul goeie organisasie geprys wat die byeenkoms suksesvol en moontlik gemaak het.
Mnr. Sam Kaulinge, president van die NTA, het FNB vir sy voortgesette borgskap en betrokkenheid by juniors bedank wat dit moontlik maak om die spel landwyd te bevorder.
“Ons sien uit daarna om saam met FNB tennis vir die volgende jare in die land te vestig,” het hy gesê.
Enige laerskool in Namibië wat aan die FNB skoleliga of FNB ontwikkelingstoernooie in 2017 wil deelneem, is welkom om Kallie Heese by [email protected] te kontak.
Die individuele wenners het elkeen ''n nuwe tennisrakket ontvang, terwyl die naaswenners en spanne medaljes van FNB as beloning gekry het.
Die uitslae:
Spankompetisie: o.10-Meisies en seuns: Mandume. O.12-meisies en seuns, Eros. O.14-meisies, Eros. O.14-seuns: Dagbreek.
Individuele enkelspel: O.10-meisies: Systisha Goagese. O.10-seuns: France Mwaludange. O.12-meisies: Renee Rabie. O.12-seuns: Setson Iyambo. O.14-meisies: Tjijandjeua Katurua. O.14-seuns: Wyne Keister.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie