Skolefinaal hoogtepunt van FNB-reeks
Bergfietsry
Die finale byeenkoms van FNB Namibië se nasionale bergfietsreeks vir skole is onlangs op ’n koue Sondagoggend by die IJG Trials baan in Kleine Kuppe afgehandel.
Seuns en meisies van Windhoek en die Erongostreek was in aksie by die sesde byeenkoms waarmee die reeks vir 2018 afgesluit is.
Die skoleliga was vanjaar by verskillende venues aangebied, met verskeie skole wat as aanbieders vir die reëlings verantwoordelik was.
Die getalle deelnemers het vanjaar ’n gesonde groei getoon, met ’n 108 persent toename in vergelyking met die vorige jaar.
Ondanks die koue het 144 skoliere by die finaal hul opwagting gemaak. Elkeen het ’n geskenkpak van FNB asook ’n medalje as voltooier van die onderskeie afstande ontvang.
Altesame 22 skole het gedurende die jaar se ses byeenkomste deelgeneem wat in Januarie begin het.
Na afloop van die reeks het Windhoek Gimnasium die trofee vir die skool met die grootste getal deelnemers ontvang (248), gevolg deur DHPS in die tweede plek (124) en St. George’s (122).
Die voorste individuele vir die dag was soos volg:
Meisies onder 6: 1 Bea von Solms (Windhoek Gimnasium).
Seuns onder 6: 1 Christiaan Vermaak (St. George’s), 2 Matthew Vermaak (St. George’s), 3 Cody Heigan (DSW).
Meisies onder 8: 1 Nicole Surén (Windhoek Gimnasium), 2 Chloe Dickerson (Windhoek Gimnasium), 3 Isabel Held (Windhoek Gimnasium).
Seuns onder 8: 1 Micah Chase (St. George’s), 2 Max Vermaak (St. George’s), 3 Nikolai Dempschuck (Windhoek Gimnasium).
Meisies onder 10: 1 Rose-Marie Thiel (DHPS), 2 Elrine von Solms (Windhoek Gimnasium), 3 Maryna Opperman (Windhoek Gimnasium).
Seuns onder 10: 1 Nathan Chase (St. George’s), 2 Marco Thiel (DHPS), 3 Sean Lowe (DHPS).
Meisies onder 12: 1 Delsia Janse van Vuuren (Windhoek Gimnasium), 2 Laura Engling (DHPS), 3 Kylie Dickerson (Windhoek Gimnasium).
Seuns onder 12: 1 Roger Surén (Windhoek Gimnasium), 2 Justus Bolker (Primary School Swalopmund), 3 Dieter Setzkorn (St. Paul’s).
Meisies onder 14: 1 Fiona Vorster (Windhoek Gimnasium), 2 Ada Kahl (WAP), 3 Cornelia Alpers (DHPS).
Seuns onder 14: 1 Ethan Le Strange (St. George’s), 2 Daniel Hahn (St. Paul’s), 3 Kevin Lowe (DHPS).
Meisies onder 16: 1 Monique du Plessis (Welwitschia School), 2 Mayvonne Swarts (Pro-Ed Akademie, Swakopmund), 3 Cecile Voigts (DHPS).
Seuns onder 16: 1 Hugo Hahn (St. Paul’s), 2 Justin Vosloo (Windhoek Gimnasium), 3 Bergran Jensen (Windhoek Gimnasium).
Junior vroue: 1 Cindy Rowland (St. Paul’s).
Junior mans: 1 Alex Miller (Axis), 2 Schalk van der Merwe (Windhoek Gimnasium), 3 Dieter Koen (St. Paul’s).
Benewens FNB as titelborg het Spur, Mannie’s Bike Mecca en Bar-One ook tot die reeks bygedra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie