Skole landwyd sonder water
Augetto Graig – Alle staatskole in Namibië is sonder water na dat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur misluk het om water sy rekenings te betaal het.
Dit is pas (Maandagmiddag) deur die direkteur van onderwys in die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries, aan Republikein bevestig. In dié streek alleen is tot 25 skole sonder water, het hy erken.
Vries wou nie bekendmaak hoeveel die ministerie se agterstallige waterrekening beloop nie, maar sê "dit behels ? aansienlike bedrag".
Volgens Vries is die rede vir die vertraagde betaling die soberheidsmaatreëls wat die regering afgekondig het om besteding te verminder. Dit het gelei tot strenger maatreëls om geld uit die staatskas vrygestel te kry.
Die ministerie het intussen met Windhoek munisipaliteit ooreengekom op ? skedule vir die betaling van die skuld en watertoevoer word stelselmatig aan die skole in die stad herstel. Volgens Vries sal die ministerie dié betalingskedule kan bekostig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie