Skole kry DStv-leerprogram

Augetto Graig
Augetto Graig - Mariental Hoërskool se skoolhoof, mnr. Albertus Stein, was onlangs die gasheer toe die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, dié skool se nuwe hulpbronsentrum besoek het.
Sy was vergesel van mnr. Roger Gertze, hoofbestuurder van MultiChoice Namibia; me. Esme Isaack, goewerneur van die Hardapstreek, Mariental se burgemeester, mnr. Willem Mensah, en die voorsitter van die Hardap-streekraad, mnr. Edward Wambo.
Die doel was om die bekendstelling van die verbeterde MultiChoice Hulpbronsentrum (MRC) by die skool te vier.
Die sentrum het ’n nuwe plasma­televisieskerm met bykomende monteerraam, satellietskottel en persoonlike video-opnemer (PVR) ontvang. Terselfdertyd het die skool se onderwysers opleiding ontvang in die gebruik van die toerusting en hoe om die inhoud met onderrig te integreer. Die ingeslote DStv-opvoedingspakket­ bied aan onderwysers toegang tot nuwe materiaal en hulpbronne, veral omdat hulle dit kan opneem en vertoon soos dit hulle pas. Die pakket sluit in Business Day TV, BBC World News, Mind-set, MBC, History, BBC Knowledge, Animal Planet, Nat Geo Wild, National Geographic en die Discovery Channel.
In haar toespraak het minister Hanse-­Himarwa­ vir Stein gevra om seker te maak die kinders baat ten volle by dié “deurbraak-uitkoms” wat die toerusting kan bied.
“Hierdie toerusting moet nie stof in die biblioteek vergaar nie en ek as minister van onderwys, afkomstig van die Hardapstreek en Mariental, sal besondere aandag aan die eksamenuitslae van hierdie streek skenk. Ek sal nie verswakking van eksamenuitslae­ aanvaar nie, veral nie nadat die plasma­skerms en PVR-dekodeerders­ hier afgelewer is nie,” het sy gesê.
Altesaam 300 skole in Namibië kry dié jaar verbeterde toegang tot gehalte opvoedkundige televisie en programme vol inligting oor die wêreld om hulle.
“Ek wil skoolhoof Stein, die skool­administrateurs, onderwysers en leerders van Mariental Hoërskool vra om die tegnologie te omarm wat julle vandag ontvang het. Neem eie­naarskap en sorg vir die toerusting om die afbreek of verdwyning daarvan te voorkom, sodat baie jare nadat julle weg is, ander ook voordeel daaruit kan trek. Maak die meeste van hierdie aanbod, en mag dit met julle goed gaan in die komende eksamens,”­ het Gertze gesê.
Goewerneur Isaack het die betrekking tussen MultiChoice en die minister as ’n slim vennootskap beskryf. Sy het ’n belofte gemaak om spesiale aandag te skenk aan die toestand van die toerusting in die skole in haar streek.
“Ek sal na al die skole gaan waar die plasmaskerms en PVR-­dekodeerders geïnstalleer is, om te sien of die kinders ten volle van die belegging gebruik maak. Ek onderneem verder om die minister van onderwys op die hoogte te hou oor die waarde wat die kinders hieruit put. Ek sal nie my skoolbesoeke vooraf aankondig nie, maar net onverwags opdaag om self te sien in watter toestand dié hulpbronprogram in my streek is. Wees op die uitkyk na die goewerneur, sy kom aan!” het sy gesê.
Multichoice Namibië se hulpbronprogram is deel van ’n 10 jaar Multichoice Afrika-inisiatief wat soort­gelyke sentrums in sowat 1 900 skole in 29 lande op die vasteland opgerig het. “Hierdeur word die uitgebreide omvang en vermoë van DStv se digitale satelliettegnologie ingespan om hoë gehalte leermateriaal na skole in Afrika te bring,” het Gertze gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.96/OZ DOWN -0.0063 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0108 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.81/BBP UP +0.65% | Platinum US$ 1 061.11/OZ DOWN -0.0082 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.96/OZ DOWN -0.0063 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0108 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.81/BBP UP +0.65% | Platinum US$ 1 061.11/OZ DOWN -0.0082