Skole: Inskrywings in Windhoek verloop rustig
Maria Eiseb - Vanjaar se inskrywing van graad 1- en 8-leerlinge in die hoofstad verloop rustiger as verlede jaar.
Dít omdat die meeste skole verlede jaar van Junie af al inskrywings afgehandel het en die meeste ouers hul kinders reeds verlede jaar ingeskryf het.
Volgens mnr. Rudolf Matengu, hoof van Hoërskool Augustineum, het leerlinge verlede jaar reeds ingeskryf en moet hulle net opdaag.
“Toe ons die leerlinge verlede jaar ingeskryf het, het ons ook die skoolreëls en -beleid onder die ouers versprei,” het hy gesê.
Volgens Matengu is klaslyste reeds opgestel en sal dit op kennisgewingborde aangebring word waar ouers toegang daartoe kan hê.
Die lys van kinders wat nie opdaag binne twee dae ná die skole geopen het nie, sal vir plasing aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur oorhandig word, het Matengu gesê.
Mnr. Jakavaza Kavari, hoof van die Hoërskool Ella du Plessis, sê hy het inskrywings ook verlede jaar reeds afgehandel en vanjaar verloop sake dus rustiger.
Tog ervaar hy dat sekere ouers nie sy bevoegdhede verstaan nie.
“Mense kom stap net in die kantoor in. Hulle onderskei nie tussen my persoonlike hoedanigheid en die hoedanigheid van die kantoor nie.”
Mnr. Verora Ngaruka, 'n ouer wat op soek na plek vir 'n graad 8-leerling van die Omahekestreek was, sê hy het al drie ander skole probeer en het gehoop Hoërskool Ella du Plessis kon hom help.
Mnr. Jephta Hengari het gesê hy het verlede jaar reeds aansoek gedoen en dinge het belowend gelyk.
“Dinge vorder - ons is darem al in die hoof se kantoor,” het hy gesê.
Me. Theresia Damases, 'n departementshoof by Laerskool Orban, het gesê hulle ondervind nie probleme met inskrywings vanjaar nie.
“Inskrywings verloop nie soos verlede jaar nie. Alle inskrywings vir graad 1 is verlede jaar reeds afgehandel. Die klaslyste is ook reeds opgestel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie