Skole in Khomas begin later
Skole in Khomas begin later

Skole in Khomas begin later

Henriette Lamprecht
NUUSBREKER
Alle staatskole in die Khomasstreek begin vanaf Maandag 20 minute later. Dit beteken skole in die streek begin nou 07:20 en kom 13:35 uit. Volgens die direkteur van onderwys vir die Khomasstreek mnr. Gerhard Vries, is die nuwe tyd om te kompenseer vir leerlinge wat skool toe moet stap. Die nuwe tye geld tot 31 Augustus 2018. Die stap volg ná 'n opname deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur waarin 51 skole positief aangedui het dat skole in die winter later moet begin.

Kommentaar

Republikein 2025-08-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer