Skole heropen wél op 30 Mei
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in 'n verklaring vanoggend (Dinsdag) vals inligting wat lui skole heropen eers op 11 Junie weens geldelike probleme, doen tans die ronde.
Me. Johanna Absalom, openbare woordvoerder, sê dit is onwaar en skole heropen wel op 30 Mei soos op die 2017-skoolkalender aangedui is.
Koshuise sal reeds op 29 Mei open.
"Ons is bewus van die paniek en verwarring wat deur die boodskap geskep is en wil graag alle leerlinge, ouers, voogde en onderwysers gerusstel dat dit vals en ongegrond is," lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie