Skokfliek oor aborsie

13 December 2019 | Byvoegsels
Uit die pen van Cary Solomon en Chuck Konzelman, die skrywers en medevervaardigers van God's Not Dead, kom 'n rolprent wat die mees kontroversiële en polariserende onderwerpe van ons tyd aanspreek: Aborsie.

Na tientalle aanlyn petisieveldtogte span Downtown Entertainment en TruthTV kragte saam om vanaf 28 Februarie 2020 Unplanned in uitgesoekte Ster Kinekor-teaters in Suid-Afrika, Namibië en Zambië te wys.

Unplanned is ‘n inspirerende ware verhaal van een vrou se reis van transformasie.

In die eerste vyf minute van die fliek ontmoet ons vir Abby Johnson en haar gesin. Al wat Abby (gespeel deur Ashley Bratcher) ooit wou doen, was om vroue te help.

Sy is een van die jongste direkteure vir die beplanning van ouerskapklinieke in Amerika wat talle vroue raad gee oor hul voortplanting- en ouerskapkeuses. Haar passie vir 'n vrou se reg om te kan kies, spruit uit die feit dat sy self as jong vrou baie seer moes verwerk en keuses moes maak; goeie voorbereiding vir die rol wat sy in ander vroue se lewe sou vertolk.

Abby het beide kante van die aborsiegesprek verstaan en was subjektief by meer as 22 000 aborsies betrokke. Tot op 'n dag en ‘n eerstehandse ervaring in ‘n teater wat tot lewensveranderende nagevolge lei.

Minuut 7 van die fliek merk die begin van transformasie vir ‘n vrou wat nooit weer dieselfde sou wees nie. In so 'n mate dat sy haar lewe en reputasie op die spel plaas om as passievolle en ywerige pro-lewe-woordvoerder op te staan en die wanbegrip oor aborsies en lewe te verander.

Unplanned word deur resensente en kritikuste beskryf as ‘n eerlike verhaal met skokkende feite wat nie geïgnoreer kan word nie en persepsies sal skud.

Klik op die skakel https://youtu.be/EgzZGLa1_n4 om na die lokprent van Unplanned te kyk.

Soortgelyk

 

Geen water, krag by 15 skole

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Vyftien skole in Windhoek se water en ligte is weens agterstallige betalings deur die Windhoekse munisipaliteit afgesny. Die skuld wat reeds meer...

Droogte spook by akkerbou

7 ure gelede |

Elvira Hattingh - Verwagtinge vir vanjaar se nasionale witmielieoes is van meet af aan kleiner – hoofsaaklik weens verlede jaar se droogteramp. Dit omdat Hardap-akkerbouers...

Corona: Geen beperkings op handel

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Teen die einde van dié week sal 20 lande in Afrika, insluitende Namibië, plaaslik toetse vir die coronavirussiekte (covid-19) kan doen. Volgens...

Weer vir 13 Februarie 2020

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydpverspreide donderbuie sal in die Suide voortduur.BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloeidg warm...

Geldnood kniehalter regbank

7 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die al groter wordende geldnood in die land lê sommige funksies van die regbank lam.Gevolglik kon streekhowe verlede jaar net 20% van...

Fishrot: Namibië wil weet

7 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Die tiende sessie van Namibië se sesde parlement het Dinsdag afgeskop en verskeie vrae oor die internasionale Fishrot-korrupsieskandaal opgelewer.Die land se sewende...

Henties bespreek beweerde rassevoorvalle

7 ure gelede | Gemeenskap

Yandi du Plessis - Hentiesbaai se toerismevereniging het onlangs met die burgemeester en waarnemende hoof van die Hentiesbaai-munisipaliteit, mnr. Herman /Honeb, vergader om voorvalle van...

Twee mans verkrag 15-jarige glo

7 ure gelede | Misdaad

Twee mans het Sondag ’n 15-jarige meisie op Maltahöhe na bewering verkrag. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval tussen...

Opnuut spanning by August 26

7 ure gelede | Ministeries

Yandi du Plessis - Die Namibiese Voedsel en ­Verwante Werkersunie (Nafau) het Vrydag namens werknemers van August 26, 'n tekstielonderneming wat aan die Namibiese weermag...