Ski-klub ‘moet padgee’
Catherine Sasman - Tungeni Africa Investments het in die hoërhof aansoek gedoen om ’n vonnis by verstek teen die Namibië Waterski-klub om dié klub van die Von Bachdam te verwyder waar dit ’n 50 jaar hernude konsessie
met Namibia Wildlife Resorts (NWR) het.
Die ski-klub voer egter aan dat NWR buite sy wetlike magte gehandel het met die verhuring aan Tungeni aangesien die grond nie van die ministerie van werke en vervoer aan die NWR oorgedra is nie.
Dr Weder, Kauta & Howeka Inc voer namens Tungeni aan dit is nie slegs deur ’n oordrag van eienaarskap dat die NWR eiendomsregte geniet nie en dat die ministerie ook grond aan die semi-staatsinstelling vir ’n huurooreenkoms beskikbaar kan stel.
Tugeni se regsverteenwoordiger, mnr. Thabang Phatela, het gister in die hof gesê NWR het ingevolge die NWR-wet in werklikheid die mag om die eiendom te verhuur.
Adv. Theo Frank van Engling, Stritter & Vennote het namens die ski-klub gesê Tungeni het net aanspraak en regte op die 130 hektaar van die Von Bachdam Oord No 337.
Hy het gesê die 80 hektaar-gedeelte van Plaas Osona Meentgrond No. 65 (gedeelte 65) en die 500 hektaar gedeelte B is staatsgrond en was nie aan NWR oorgedra nie. Hy het bygevoeg dat hierdie gedeeltes ook nie gekonsolideer is nie.
Voorts het Franks gesê daar bestaan nie ’n huurooreenkoms tussen Tungeni en NWR ten opsigte van gedeeltes 65 en B nie en dat die grond waarop die ski-klub is, nooit wettiglik deel van die ooreenkoms tussen Tungeni en NWR was nie.
Hy het gesê die ski-klub het tans ’n verbeteringsretensiereg op die grond en het nooit ooreenkomste met Tungeni of NWR in die verband aangegaan nie. Frank het bygevoeg dat die klub nooit kennis gedra het van die ooreenkoms met Tungeni en NWR nie.
Dié swart ekonomiese bemagtigings-konsortium het met die ooreenkoms onderneem om N$450 miljoen in die Von Bach-oord te
belê.
Die besturende direkteur van NWR, me. Zelna Hengari, het Maandag aan Republikein gesê die openbare-private-vennootskap (PPP) “werk goed”. Sy het egter bygevoeg dat die uitvoering van die sakeplan belemmer word deur die regstryd met die “plakkerklubs” en dat die verstekvonnis hopelik die geskil sal uitklaar.
Tungeni het in Oktober 2011 aangekondig dit sou N$25 miljoen in opknappings belê en het ook planne gehad om ’n lodge en 22 selfsorg-hutte, sowel as die Outjere Leefstyl-oord, te ontwikkel.
Regter Thomas Masuku het sy uitspraak voorbehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie