Skerp styging in lone vir plaaswerkers
Oor die afgelope 14 jaar het die minimumloon vir plaaswerkers meer as verdubbel en werkgewers meen hulle is goed daaraan toe.
Elvira Hattingh
Plaaswerkers se minimumloon styg van 1 November af met 25% en kom op N$4,62 per uur te staan, hoewel die gemiddelde werker op kommersiële plase reeds sowat 41% meer as dit verdien.
Dít kom nadat die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) op 9 Oktober loononderhandelinge met die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU), Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (NECFU) asook die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers se geaffilieerde Namibiese Plaaswerkersunie (NAFWU) afgehandel het.
Mnr. Danie van Vuuren, hoofbeampte van die LWV by die Namibië Landbou-unie, het gister aan Republikein gesê hierdie verhoging is die eerste sedert 2014.
“Aanvanklik is onderhandelinge vir 'n nuwe minimumloon verlede jaar reeds met die betrokke partye aangegaan, maar dit het toe doodgeloop. Dit is egter onlangs weer hervat,” het hy gesê.
Voorts word die uurlikse loon van N$3,70 tot N$4,62 verhoog - of N$900 per maand vir 'n werknemer wat 45 uur per week werk.
Vir werkgewers wat nie gratis rantsoene verskaf nie, verhoog die rantsoentoelaag vanaf N$400 na N$500 per maand, wat beteken die totale minimumloon vir 'n plaaswerker is dus nou N$1 400 per maand.
Die waarde van rantsoene word teen 'n gemiddelde prys van N$30 per kg vleis en N$6 per liter melk bereken.Ander gratis produkte word teen kosprys bereken.
Werkgewers verskaf steeds behuising, sanitêre en watergeriewe, asook elektrisiteit, indien beskikbaar.
“Die LWV is van mening dat ongeskoolde plaaswerkers beter daaraan toe is as ongeskoolde werknemers in ander bedrywe, aangesien plaaswerkers meestal gratis behuising, rantsoene, water en brandhout ontvang, terwyl werkers in ander bedrywe ten duurste daarvoor moet betaal,” lui die NLU-nuusbrief van 13 Oktober.
“Die doel van die minimumloon vir plaaswerkers is om 'n intreeloon daar te stel vir jong toetreders tot die mark wat nog nie oor ondervinding beskik nie.
“Die werklike gemiddelde basiese salaris van plaaswerkers op kommersiële plase is, volgens die 2016 LWV-loonopgawe, N$1 975 per maand - rantsoenwaarde ingesluit.
“Dit is 41% meer as die minimumloon wat nou in werking tree.”
Sedert 2003 is die minimumloon vir plaaswerkers reeds drie keer verhoog. In 2003 is die eerste minimumloon op N$2,20 per uur ingestel, asook 'n rantsoentoelaag van N$210. In 2009 is dit na N$2,78 en N$300 verhoog, waarna dit in 2014 na N$3,70 en N$400 verhoog is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie