Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê minister
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in die hoofstad aangekondig is. Deel van die getal vir Windhoek is drie gesondheidswerkers. Die 79 gevalle vorm deel van 128 nuwe gevalle wat Shangula vandag aangekondig het. Buiten die 79 gevalle is 35 in Walvisbaai, 10 in Swakopmund en een elk in onderskeidelik Onandjokwe, Outapi en Keetmanshoop aangemeld. Volgens Shangula bestaan die 128 nuwe gevalle uit 77 mans en 51 vroue. Die jongste is tienmaande oud en die oudste 83 jaar oud.
Die geval in Onandjokwe is 'n 63-jarige man met geen kontak met 'n bevestigde geval nie. Die geval in Oshakati, 'n 24-jarige vrou, het ook geen kontak met 'n bevestigde geval gehad nie, so ook die 30-jarige man op Outapi en die 41-jarige man op Keetmanshoop nie.
Volgens Shangula het sy kommer uitgespreek oor die toename in inwoners met Covid-19-verwante simptome wat die meeste van die tyd nie kan sê of hulle in kontak met 'n bevestigde geval was nie. Dit dui volgens hom daarop dat daar meer gevalle in gemeenskappe is en of dat mense inligting weerhou.
Die minister sê tans is vyf mense uiters siek en wel een in die Khomas en vier in die Erongostreek. Ses is kritiek en wel vier in die Khomas en twee in die Erongostreek.
Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in die land staan tans op 3 229 waarvan 2 495 gevalle aktief is. Tot op hede is 36 287 weefselmonsters getoets, met die Universiteit van Namibie se mediese skool wat nou ook toetsing doen. Die sterftesyfer bly op 19 en tans is 1 605 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie