Skending van menseregte
As die beweerde voorval van polisie-brutaliteit die naweek by die aanhoudingselle op Okahandja waar is, is dit 'n vorm van absolute menseregtingskending.
Die beweringe van drie verskillende, onafhanklike bronne dat 'n groep mans en vroue poedelnakend moes staan, moes paddaspring, natgespuit en daarna met traangas bestook is, kan nie met 'n knippie sout gevat word nie.
Twee bronne beweer die vroue en kinders is geklap en aangehoudenes het vir vyf dae lank nie kos gekry nie.
Die nuwe stasiebevelvoerder, hoofinsp. Petrus Shipepe, was volgens die bronne teenwoordig toe die selle Sondagoggend oopgesluit is en die “70 tot 80” aangehoudenes aangesê is om buite in 'n gang teen die muur te gaan staan. Hy het alle beweringe ontken.
Die waarnemende hoof van die polisie, genl. Oscar Embumbulu, het gesê hy is bewus van 'n operasie Sondag waartydens selfone in die aanhoudingselle gesoek is. Hy was uiters geskok oor die inligting. Hy hoop die bronne sal na vore kom en hulle inligting met hom deel sodat dit ondersoek kan word.
Hierdie voorval moet op die hoogste vlak deeglik ondersoek word. Indien daar wel enige ongerymdhede gevind word, sal koppe moet rol.
Die kwessie kan nie onder die mat ingevee word soos vele ander nie.
Alle mense – selfs geharde misdadigers, beskuldigdes, verhoorafwagtendes en aangehoudenes – het regte.
Namibië se beeld kan nie weens die skending van menseregte geskaad word nie.
Só sê ander
8 Januarie 2019
Here are some real emergencies
An excellent case could be made for declaring an emergency over Russian meddling in U.S. elections, the scale and scope of which is only gradually becoming clear.
Climate change is a full-blown emergency whose threat to lives and property is poised to rise exponentially.
The right response to all these emergencies would be for Congress and the president together to shape policy responses — not to deny their existence, as Mr. Trump does with climate change, or use them for political gain, as he does with the border. The one emergency Mr. Trump fears is the threat he faces from his own base should it conclude his border-wall promise was a hoax. Thus has the president perverted the public debate and diverted the United States' gaze from authentic dangers. - The Washington Post

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie