• Tuisblad
  • Sake
  • ‘Skelm’ oudbaas van Hamleys SA skiet homself
u2018Skelmu2019 oudbaas van Hamleys SA skiet homself
u2018Skelmu2019 oudbaas van Hamleys SA skiet homself

‘Skelm’ oudbaas van Hamleys SA skiet homself

Paphitis het die groep glo rot en kaal besteel en die pad met sowat R20,3 miljoen gevat.
Elvira Wood – Philip Paphitis, voormalige uitvoerende hoof van Ensolor, wat die Suid-Afrikaanse franchise vir die speelgoedgroep Hamleys besit het, het homself geskiet toe die polisie hom in hegtenis wou neem.

Stefan Steyn van Business Rescue Practitioners, wat die sakeredding van Ensolor behartig, het aan Netwerk24 gesê Paphitis het sy eie lewe geneem toe die polisie hom in Desember by sy vriendin se huis in Kaapstad in hegtenis wou neem. Hy was 54 jaar oud.

’n Woordvoerder van Hamleys het dit ook Dinsdag aan Netwerk24 bevestig. Dit het drie weke gelede gebeur, maar die polisie het nog nie die datum of plek waar hy dood is, bevestig nie.

In ’n navraag by die departement van binnelandse sake – gegrond op die ID-nommer wat Netwerk24 van Paphitis het – is sy dood ook bevestig.

Steyn het vroeër in Desember aan Netwerk24 gesê hy het namens die groep ’n klag van korrupsie en diefstal teen Paphitis ingedien het.

Dit kom nadat ondersoeke gedurende die sakereddingsproses aan die lig gebring het dat Paphitis die groep in Desember 2018 “rot en kaal besteel en die pad met sowat R20,3 miljoen gevat” het, lui Steyn se verslag.

Volgens Steyn se sakereddingsplan het die volgende gedurende Desember 2018 gebeur: “Terwyl die hoofbestuurder (van Hamleys) oorsee by sy broer vakansie gehou het, het Paphitis al die regte van betroubare bestuurders verwyder wat die maatskappy se bankrekeninge betref.

“Hy het toe, oor ’n tydperk van twee weke van middel tot laat Desember 2018, stelselmatig al die geld uit die maatskappy se rekeninge na sy persoonlike rekening oorgeplaas. Hy het sowat R18 miljoen van die maatskappy se rekeninge na sy eie oorgeplaas.

“Hy het ook al die winkelbestuurders opdrag gegee om kontant wat die winkel verdien, aan hom te gee en dit nié in ’n rekening in te betaal soos wat voorheen gedoen is nie. Hy het só meer as R2 miljoen by die winkels gevat.

“Al dié dinge is gedoen ten spyte daarvan dat Paphitis die skuldeisers persoonlik belowe het dat hy ná die Kerstyd – wat tipies ’n hoogtepunt vir speelgoedverkope is – betalings gaan doen,” luidens die sakereddingsplan.

Toe die hoofbestuurder in Januarie ná sy vakansie na die hoofkantoor terugkeer, kon hy in ’n video-opname sien hoe Paphitis by die kantoor inkom met ’n trollie en die kameras afsit sodat sy verdere bedrywighede nie opgeneem word nie.

Hy het glo daarna verskeie belangrike dokumente en al sy persoonlike besittings uit die kantoor verwyder.

Netwerk24 het Paphitis later per e-pos in die hande gekry. Hy het in April 2019 alle bewerings teen hom in ’n e-pos ontken. Hy het toe gesê dat die bewerings in die sakereddingsplan “vol gate” is. Op ’n versoek om ’n onderhoud met hom te voer het hy gesê hy is “oorsee”.

Toe Netwerk24 die opening van die nuwe Hamleys-winkel in Fourways, Johannesburg, op 12 Desember bygewoon het, het Steyn gesê die polisie het goeie rede om te dink dat Paphitis na Suid-Afrika teruggekeer het.

Hy het toe gesê ’n inhegtenisneming word binnekort verwag.

Die franchise vir die plaaslike Hamleys is sedertdien aan Antares verkoop. Dit is ’n vennootskap tussen Osbro, ’n kleinhandelaar wat huisware in die suide van Johannesburg verkoop, en Rand Outfitters, ’n familie-onderneming wat skoene aan die Oos-Rand verkoop. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A