Skeepswerf by Walvisbaaise hawe weer operasioneel
Ronelle Rademeyer – Bedrywighede by Namdock, die vernaamste skeepswerf aan die weskus van Afrika vir die diens en herstel van seevaartuie, is weer in volle gang.
Me. Heritha Nankole Muyoba, waarnemende hoof uitvoerende beampte van Namdock, sê streng maatreëls vir persoonlike beskerming en higiëne is die afgelope weke gevestig om seker te maak werknemers is veilig wanneer werksaamhede hervat word.
Sy sê Namdock se eerste prioriteit is die gesondheid en welsyn van sy werknemers en kliënte, en alle sakebedrywighede word in ooreenstemming hiermee aangepak.
Sy sê herstel- en instandhoudingswerk aan skepe word met inagneming van die Covid-19-regulasies gedoen. Dit beteken werknemers werk in skofte en handhaaf veilige afstande van mekaar, hulle temperatuur word gemeet en hulle moet gesigmaskers en handskoene dra en gereeld hande was.
Vaartuie uit ander lande moet vir ’n tydperk van twee weke op anker lê voordat hulle by die hoofhawe of die skeepswerf mag vasmeer.
In sommige gevalle mag die 2 weke tydperk verkort word, afhangend van hoe lank die vaartuig op die oop see was vandat die laaste hawe verlaat is.
Nankole Muyoba sê Namdock het in die eerste dae nadat bedrywighede op 5 Mei hervat het, vaartuie gehad wat vasgemeer het. Sy voorsien dat die skeepswerf met sy drie dryfdokke en ten volle toegeruste werkswinkels op hierdie dokke, toenemend meer werk sal begin doen.
Dit is ondanks die feit dat die seevaartbedryf onder druk is vanweë die lae olieprys en dalende vraag na brandstof. Brandstofverbruik het skerp gedaal weens inperkings en die verbod op geskeduleerde passasiersvlugte in baie lande in die wêreld.
“Met ons Panamax-dok is ons gelukkig goed geposisioneer om algemene klassifikasiewerk te verrig, en om vrag- en vraghouerskepe, asook vissersbote te bedien. Boonop kan ons met ons uitgebreide algemene ingenieurs-, sweis- en vervaardigingsfasiliteite en kundigheid, ook kusmynbou en ander sektore te bedien, ” sê Nankole Muyoba.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie