Skeepskrisis raak Grindrod nie
Francois Williams - Nog konsolidering in die skeepsmark word verwag ná die bankrotskap van die Suid-Koreaanse skeepsredery Hanjin.
En die volgende skeepsbedryfslagoffer van die swakker internasionale ekonomie is ’n Singapoerse skeepstrust.
Bloomberg berig Rickmers Maritime, wat houerskepe bedryf, het laat weet hy kan nie US$179,7 miljoen se effekte terugbetaal wat in Maart volgende jaar verstryk nie.
Die swakker marktoestande het vragtariewe en skeepshuurgeld afgedruk, wat nou druk op die skuldlas van rederye plaas.
Alan Olivier, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse skeepsmaatskappy Grindrod, sê die onmiddellike impak van die Hanjin-bankrotskap is op verskepers van die vrag wat op Hanjin se skepe is.
Tientalle van Hanjin se skepe is tans as’t ware op die see vasgekeer, aangesien hawe-owerhede hulle nie in hawens wil toelaat nie uit vrees dat hulle nie betaal gaan word nie. Van sy skepe wat wel in hawens was toe hy twee weke gelede bankrotskapsbeskerming gevra het, is nie toegelaat om nuwe vrag op te laai nie, want die vrag word teruggehou as pand.
Volgens die BBC sal Hanjin ook nie sy skepe toelaat om hawens binne te gaan waar dit wel toegelaat sou word nie, uit vrees dat krediteure op die skip en vrag beslag sal lê.
Hanjin huur ook skepe van ander maatskappye en dié maatskappye kan nou nie hul skepe terugkry nie – en verwag boonop dat hulle hul huurgeld gaan verloor.
Olivier sê die feit dat die Hanjin-skepe nie vryelik handel kan dryf totdat ’n oplossing gevind word nie, beteken dat daar tydelik minder vragskepe op die mark beskikbaar is wat houervragtariewe op kort termyn ’n hupstoot gee.
Grindrod word egter nie geraak nie, want hy is nie betrokke in houervrag nie.
Volgens Bloomberg verwag die skeepsredery Hapag-Lloyd verdere samesmeltings in die houerskeepsbedryf in reaksie op Hanjin se probleme.
Die krisis kom in ’n kritiek besige tyd vir die verskepingsbedryf met dié dat groot bestellings in aanloop tot die inkopiehisterie voor die Kersvakansie afgelewer word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie