Skaars wrakvis was dalk ouer as 80 jaar
’n Wrakvis wat onlangs in Doringbaai aan die Wes-Kus gevang is, kon tussen 60 en 80 jaar oud of ouer gewees het.
Dr. Stephen Lamberth, kenner verbonde aan die departement van landbou, bosbou en visserye, het by navraag gesê visserye is in kennis gestel nadat die vis aan wal gebring is. Daar is op die wrakvis (Polyprion americanus) beslag gelê vir bevestiging en disseksie.
Lamberth sê dit is moeilik om net op grond van die foto te sê, maar dit lyk of die vis sowat 1,8 m lank en sowat 100 kg swaar sou wees. Dit is moontlik dat hy ouer as 80 jaar was.
Dié visse is eers volwasse teen tien tot 15 jaar, wanneer hulle sowat 90 cm lank is, en eers dan kan hulle voortplant.
BYNA BEDREIG
Dié visse se bevolkings word wêreldwyd uitgebuit sodra hulle ontdek word en dit stort dan meestal ineen. Die vis is gelys as byna bedreig. In Suid-Afrika is dit volgens wetgewing gelys as ’n verbode spesie en ’n mens mag dit nie doelbewus vang, aan wal bring indien dit gebeur nie, dit hou of verkoop nie.
Die visse kan tussen 40 m en so diep as 600 m diep voorkom, maar gewoonlik is dit tusen 100 m en 200 m, sê Lamberth.
Die betrokke vis is deur ’n lynvisser gevang en toe aan wal gebring, maar hy het glo nie geweet wat dit is nie. Daar is besluit om nie teen hom op te tree nie, omdat hy onbewus van die vis se status was.
Elaine Heemstra van die Suid-Afrikaanse Instituut van Akwatiese Biodiversiteit in Grahamstad, sê die visse leef aanvanklik in die oop water. Maar sodra hulle langer as ’n halwe meter is, leef hulle op of naby die seebodem. Sy sê hulle eet ander visse, skaaldiere en koppotige diere. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie