‘Skaapdiefstal’ lei tot treurspel

Geen borg vir ruskamp-eienaar

12 February 2020 | Howe
Francoise Steynberg - Die beweerde diefstal van 30 skape by ’n bekende ruskamp buite Keetmanshoop het Maandag glo tot die dood van ’n vermeende skaapdief, mnr. Nangundu Nyangana (28), gelei.

Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, lê een van die oorledene se makkers in ’n Windhoekse hospitaal met beserings en die derde een het gister in die hof op klagte van veediefstal verskyn.

Vyf verdagtes het gister in die Keetmanshoop-landdroshof op verskeie klagte verskyn, wat moord, poging tot moord, aanranding met die opset op ernstig te beseer en veediefstal insluit.

Mnr. Conrad Nolte (59), eienaar van Quivertree Forest-ruskamp buite Keetmanshoop, het saam met sy werkers, mnre. Jan Steenkamp (51), Jimmy Rukamba (27) en Alex Kooper (24), op ’n klag van moord, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer, verskyn.

Hulle is Maandag in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly.

Mnr. Raymond Neube (46) het op veediefstalklagte verskyn ná hy ook Maandag ná ’n vlugtog vasgetrek is.

Volgens Mubebo spruit die voorval uit 30 skape wat op die plaas Gariganus gesteel is, waar die ruskamp sowat 13 km noordoos van Keetmanshoop op die M29-pad na Koës geleë is.

Nolte en sy werkers het volgens Mubebo Maandag pas ná middernag drie mans betrap wat glo 30 skape gesteel het.

Volgens Mubebo is een van die vermeende skaapdiewe tydens die voorval noodlottig in die bors geskiet.

“Wie die sneller getrek het, weet ons nie,” het Mubebo gesê.

“Nóg ’n vermeende veedief (33) is aangerand, en ’n derde een, Neube, het op die vlug geslaan, maar is later gevang.”

Volgens Mubebo is die beseerde verdagte met vermoedelik gebreekte arms in die Keetmanshoop-staatshospitaal opgeneem, maar na ’n Windhoekse hospitaal oorgeplaas waar hy onder polisiebewaking is.

Weens sy mediese toestand kon dié verdagte nie gister in die hof verskyn nie.

Nolte is gister borgtog geweier, terwyl sy werkers op borgtog van N$1 000 elk vrygelaat is.

Volgens Mubebo sal Nolte Donderdag formeel om borgtog aansoek doen.

Die saak is tot 26 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

NóG VEEDIEFSTAL

Ander voorvalle van veediefstal het op Omaruru en Otjiwarongo plaasgevind.

“Tussen Januarie en 6 Februarie is nege beeste ter waarde van N$55 000 op die plaas Omenje No. 119 in die Omaruru-distrik gesteel,” lui die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag.

Niemand is al in hegtenis geneem nie en geen beeste is teruggevind nie. Die polisieondersoek duur voort.

Op die plaas Rodenstein in die Otjiwarongo-distrik is die voetspore van drie onbekende mans deur plaaswerkers gesien.

“Die plaaswerkers het die voetspore gevolg en glo gehoor die beeste maak vreemde geluide asof hulle versmoor word,” sê die polisie.

Hulle het toe na wat verneem word die polisie en werkers by die Waterbergplatopark gebel.

“Die verdagtes se voetspore is verder gevolg. Hulle het die drie verdagtes op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om ’n bees te slag,’ sê die polisie.

Een verdagte (38) is in hegtenis geneem.

’n Jaagtog het glo gevolg met twee verdagtes wat op die vlug geslaan het.

“Vier beeste is geslag en drie ander was nog in draakstrikke vasgevang met hul agterbene afgekap,” lui die verslag.

[email protected]

Soortgelyk

 

22 gevangenes toets positief vir Covid-19

6 ure gelede | Gesondheid

Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister...

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.’n Twee maande...

Noorde brand wéér

21 ure gelede | Omgewing

‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te...

345 leerlinge toets positief vir Covid-19

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%)...

Viskwota-sirkus

21 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die regering se viskwotaveiling het klaaglik misluk.Van die beoogde N$628 miljoen wat die regering uit die kwotaverkope vir maasbanker, stokvis en monnikvis...

Jooste skors Nida-raad

21 ure gelede | Regering

Elvira HattinghDie huidige raad van direkteure vir die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), is gevra om hul kantore te ontruim en is die afgelope...

Weer vir 1 Oktober

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met 'n paar buie, andersins sonnig en baie warm tot warm in die //Karasstreek.KUS: Gedeeltelik bewolk...

Lucia sterk goed aan

21 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Vier maande nadat Lucia Soroses (8) met ernstige brandwonde na die sentrale hospitaal in Windhoek verplaas is, sterk sy goed aan.Mnr. George Olivier...

Meer as miljard vir MIV-stryd

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDie bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat...