Skaakspelers kwalifiseer vir Afrika-kampioenskappe
Vier skaakspelers van Otjiwarongo het vir die nasionale span gekwalifiseer wat voorberei vir deelname aan die Afrika Jeugkampioenskappe wat vanaf 20 tot 29 Augustus in Port Elizabeth, Suid-Afrika, plaasvind.
Die skaakspelers is Joshua Negumbo, Taisha Uris, Himumuine Kamazembua en Uvanga Vatiraije.
Hul afrigter, mnr. Ichnecuis Kavitjene, het gesê sy leerlinge is geestelik gereed vir die kampioenskappe. “Maar om daarheen te reis, het ons ’n borgskap nodig aangesien elkeen van ons N$13 000 moet bydra vir verblyf, etes en sweetpakke,” het hy gesê.
Hy het voorts gesê die ministerie van jeug, nasionale diens, sport en kultuur het slegs ingestem om die span se vervoeruitgawes te dek.
Kavitjene het gesê diegene wat graag ’n bydrae wil maak, kan met die spelers se onderskeie skole, die senior sekondêre skole Otjiwarongo en Paresis, in verbinding tree. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie