Sjokoladedag bring plooie sonder pyne vir die soettande
Toe die nooientjie Saterdagoggend sagkens in my oor kom koer, toe wis ek daar’s fout, groot fout. Toe kom die bekentenis in die goue raampie wat sy geweef het: Sy’t iets vergeet. Die vorige dag was Wêreldsjokoladedag. Sy het my nie gesê nie.
Vra haar wel na die dag en datum sodat ek ’n groot en duidelike kring om die dag der dae onder die 365 van 2018 kan trek. Haar oorsigtelikheid speel geen rol nie, want deesdae is soos die liedjie van elke dag is soos ’n vakansiedag. Toe is daar weer vrede in Swakopmund se Ousie Friedastraat. ’n Verbond is met een van die groter dae van ’n volgende jaar gesmee. Dis 7 Julie 2018.
Dit gaan weer internasionaal aan tjoklits afgestaan word soos wat reklame vir die lekkerny nog teen een van die mure van Basil se plek op Uis geskryf staan waar hy lêplek vir afgematte reisigers bied en toeriste die weg na die wondere van Damaraland en Kaokoland wys. Vernuwing het oral ingetree, maar die ou skryfsel vir die soettande het ongeskonde daar teen die muur behoue gebly.
Soos wat op die voetstuk van die standbeeld vir ’n gevalle soldaat herinner word: “Opdat ons nie vergeet nie."
Juis die Engelssprekendes in ’n eie geselskring bring hulde aan die troepe van weleer met ’n “old soldiers never die, they only lose their . . . ”.
Ensovoorts. Dit kan ook vir die lekkerny aangepas word met iets soos ou tjoklitvreters gaan nooit dood nie, hulle verloor net hul tande. Of soos wat ’n verbuiging op ’n goue strofe lui: Lei my nie in die versoeking, maar laat my tog maar swig wanneer die versoeking kom.
Sê dan maar ek is op vaderskoot na die wonderwêreld van sjokolade gelei. My kruisbandstadium as kleuterpokkel was in die geweste van kleinveeboere waar elke tweede week ’n veiling was. Nooit anders as ’n “stock fair” is daarna verwys nie. In die Afrikaanssprekende gemeenskap is die term verangliseer na ’n “stok vêr” met ’n kappie op die "e". Ek het maar aanvaar dis so omdat daar soms ’n ver pad na die veilingskrale gery moes word.
Vir geselskap het die boer dan sy voorskoolse knaap saamgery. Dit was ’n vrywillige saamryer, want ná die veiling is by ’n koffiehuis aangery waar ’n Joy Bar altyd die beloning vir die kleinding was. Ook die veiling self was die plek waar die kerkvroue die verversings verskaf het. Koffie vir die boere en rooi koeldrank vir die kleinspan.
Op pad terug is die buksie vermaan om nie die babbelende afslaer te probeer napraat nie. Luister jy mooi, kom nog ’n Joy Bar uit die baadjiesak.
In latere studentejare het die sjokoladekultuur gehou waar hy sy tande ingeslaan het. Het mos nooit ’n student raakgeloop wat nie ewig “broke” was nie. Kry wel een aand ’n fliekafspraak met die regte nooientjie en daar was altyd ’n afknypgeldjie vir ’n stafie sjokolade wanneer die pouse kom.
Immer is die smal weg in menswording by ons ingeprent. Dit was soos die Laaste Avondmaal wat een van die groot skilders van die verlede met ’n onvergeetlike kunswerk aangegryp het. Kan maar weet die nagereg by die groot geleentheid was sjokoladepoeding.
Die ganse belewenis van sjokoladedag bring ook wieke na die kakaoplantasies van Suid-Amerika. Dis waar die bome die vrugte dra wat in verwerkte vorm van die wonderpit sjokolade aan die mensdom gee. Laat die bome en die boorde pesvry in hul glorie staan.
Pas ná die bekentenis in die vorm van ’n mededeling ry die vergeetagtige nooientjie nou die dag winkel toe. Haar groetslag is ook haar boetedoening, want sy sê daar lê ’n blokkie op my kopkussing.
Soos altyd vra sy hoflik of sy iets moet saambring.
En ek antwoord sonder om te sê: “Jy weet mos.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie